Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Verwagtinge Krugersdriftdam

Verwagtinge Krugersdriftdam.

Deur: Quentin Swarts-Omega Gas

b2ap3_thumbnail_Quinten-Swarts.jpg

Dit was ‘n koue oggend by die water. Die wind het effens gewaai, maar langs die hengelwater is die wind jou vriend.  My verwagtinge ten opsigte van die wind was dat die wind so klein bietjie sterker gaan kom waai later deur die dag en dat die vissies skaarser gaan word.  Ek ook besef as die wind te veel gaan draai gaan ons so bietjie sukkel later deur die dag – met die wind in ons gesigte.

Die oggend se hengel.

Die verloop van die oggend voor die sirene was maar stil gewees.  Gewoonlik sien ‘n man minstens ‘n vissie of twee spring, maar die oggend was besonders stil.  Alreeds 2 minute na die serene af gegaan het, het Greg vas gemaak met ‘n karpie.  Daardie oomblik dink ‘n man die dag lyk belowend. Gevul met die hoop dat die karpe dieselfde by jou gaan doen. ‘n Uur na die sirene, kry ek uit eindelik ‘n byt.  As gevolg van baie haak plekke in die dam het my karpie ongelukkig afgekom. Dis toe dat ek plan maak. Ek vra myself toe die vraag of gaan ek met een hoek hengel of gaan ek my afstand skuif?  Ek gee dieselfde afstand maar kans en probeer weer.  Weer kry ek ‘n vinnige byt en kon gelukkig die vis suksesvol skep. Tog het ek weer die hakke gevoel, maar net besluit ek gaan die vis bietjie boelie deur vas hakke. So het die oggend meer belowend begin lyk.

Hengel gerei.

Weens die koue het ek glad nie oorweeg om te kort te hengel nie. Ek het my Berkley Carp Tec 13ft 3.5lb uit gehaal, gelaai met my Shimano XT6000RB’s.  Die Berkley stokke is nog aan die nuwe kant, maar is seker een van my gunsteling stokke wat ek al ooit gebruik het.  Afstand speel maar ‘n groot rol in die winter en dan is ek maar lief om met Berkley Trilene Maxx 0.16mm 5lb te hengel.  Tussen my voorslag en hooflyn gebruik ek Berkley se 0.23mm,11lb Trilene Maxx as “step”, en my voorslag is Berkley 0.35mm, 23lb Trilene Maxx.

Die oggend aas.

My aas aanbieding was ‘n banjo float met ‘n fyn Amarula deeg, gemeng met peanut butter op die boonste hoek en ‘n fyn Stuttafords degie op die onderste hoek. Op die bol het ek ‘n druppel Rooi Hippo van Go Fish gebruik en ‘n druppel Super Cast se spyker.  Ek het op ‘n liga so bietjie gepraat met Ulla en hy het iets genoem wat vir my baie sin gemaak het. Ek het toe daai raad uit gevoer en dit het gewerk vir my om op altwee stroppe dieselfde dips op te sit. As jy dan vis op ‘n kombinasie vang, hoekom nie op altwee nie?

Stroppe en sinkers. 

My strop keuse vir die dag was ‘n gly rietvlei met ‘n M0 sinker en Daiichi 0.8 hoekies, met 7lb hoeklyne.

Oggend afstand.

Die geskikte afstand wat vir my gewerk het was tussen 120 en 140m.  Die 120m stok was ingehaak en met die effense wind wat nie te veel gepla het nie, het ek die in clip gemaklik raak gegooi. Die ander stok wat op 140m is het ek redelik hard gegooi. Hy was nie ingeglip nie, maar het ‘n kokipen merk gehad. Die rede is dat die groter karpe jou nie waarsku as hy byt nie.  Hy vat jou aas met mening en as jy dan ingehaak is en jy speel ‘n vis op die ander stok kan jy moontlik die vis verloor as hy breek in die inhaak.

Sukses vir die oggend.

Vir die oggend sessie was my plan suksesvol.  Ek het ‘n plan gehad en dit uitgevoer en ek moet sê dit het vir my baie goed gewerk . Ek het die oggend begin met ‘n tempo van so 35min en hoe harder ek die kol gehengel het, hoe beter het my tempo begin raak.  Ek het die  oggend geëindig met ‘n 35min tempo.  As die tempo traag geraak het, het ek uitgetrek na 45min en die hele oefening oor gedoen met presies dieselfde dips op die bol en aas aan die hoeke.

Middag hengel.

Die middag sessie was anders.  Soos die dag warm geword het, het die tempo opgetel.  Die wind het begin draai en die manne wat Krugersdriftdam ken, veral waterwese se kant weet as die wind van agter af kom, sorg dit vir ‘n heel ander prentjie.  Soos die noodlot dit wou gehad het, het die wind van agter gekom en ek het plan gemaak om so gou moontlik te verander voor die wind ‘n te groot rol speel op my kol.

Middag aas.

Ek het die middag die float af gehaal en vervang met ‘n Karibawurm en agter die wurm was die Amarula en Peanut butter degie en onder het ek Stuttafords degie gehengel. Op die bol - voor die wind sleg begin draai het - het ek Rooi Hippo, Spyker en ‘n druppel Quatro op die bol gesit. Toe die wind gedraai het, pas ek my dip kombinasie aan na Rooi Hippo, Spyker, Quatro en Stuttafords op die bol. Ek het my afstand aangepas op die kol waar die vissies gespring het en dit was op so 70m. Ek het van ‘n 35-40min tempo af gekom na ‘n 25-20min tempo.  Ek het die lang stokke gaan bêre en my Mitchell Sling Shot S 10ft 2.5lb stokke gaan haal en al twee stokke gou uitgeloop na 70m en daar in gehaak.

Sukses vir die dag.

Vir die dag se hengel het ek die regte kombinasie op die regte tyd gebruik.  Ek het my voerkol hard en raak gehengel.  Dan ook het uit vorige ervarings geleer om die oewer dop te hou.  As ek nie die oewer dop gehou het nie sou ek kort-kort vasgesit het en baie meer vis verloor het. Aantal,  Vis 29 met gewig van 33.135kg vir die dag asook die wen posisie vir die dag.

b2ap3_thumbnail_DSC_0106.jpg

Wat kon ek verbeter het.

Op die dag se hengel kon ek vroeër my afstand verander het. Die hele dag was een groot suksesvolle dag. Soos die manne sê een slegte dag langs die hengel water is beter as eendag op kantoor. En vandag was ‘n goeie dag! Wat is daar beter?

Rate this blog entry:
4 Julie 2015-Taaibos HK Draaifontein
Social : Buffelsrivier, Dundee

Related Posts