Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Waterpas-Enige mens moet kan val, maar hoe jy opstaan is wat saakmaak!

Waterpas

Enige mens moet kan val, maar hoe jy opstaan is wat saakmaak!

Elke kompeterende hengelaar het sy kwota swak dae….

Deur: Tom Ebersohn

b2ap3_thumbnail_Tom_20150729-171908_1.jpg

Dit is soms makliker om tot bo op die kompeterende golf te kom as om daar te kan bly. Met die groeiende Pro Mania reeks en die gesonde kompetisie wat daarmee gepaard gaan is dit nie altyd maklik om voortdurend top te presteer nie. Maar dan is dit ook belangrik om te besef dat gesonde kompetisie jou as hengelaar ook opskerp en verseker dat jy as individu soveel harder moet werk.

Om ander hengelaars in jou klub te help om op ‘n hoër vlak te presteer en jou ervaring te kan deel verseker dus dat jy as hengelaar, ook dan voortdurend kompeterend bly aangesien jy elke keer jou “ A Game” water toe moet bring.

So gebeur dit dan ook dat ons ook moet verstaan, dat dit ook by geleentheid sal beteken dat jy as individu ook dae sal ervaar waar jy minder goed gaan presteer as gevolg van die kompeterende omgewing waarin jy jouself bevind.

Spings van Heerden het die volgende met ons onlangs gedeel: Wanneer hengelaars kompeterend begin hengel is hulle soms baie afhanklik van inligting, leiding en ontwikkeling. Soos ‘n Hengelaar vorder raak jy as individu onafhanklik en kan self besluite neem en ‘n betrokke dam “lees” en daarvolgens aanpas. Saam met hierdie onafhanklikheid kom ook Prestasies - byvoorbeeld die wen van klub geleenthede.

Om egter in span verband te kan presteer of op ‘n hoër vlak te kan presteer is dit nodig om te kan vorder tot op die vlak waar jy as hengelaar onafhanklik kan presteer maar steeds jouself te omring met mense van wie jy ervaring of inligting kan “tap” om te verseker dat jy voor die bondel kan eindig.

Van die beste hengelaars in die land sal ook kan bevestig dat hulle nog geen van hul top provinsiale of nasionale prestasies kon behaal sonder die hulp van ‘n span wat agter hulle gestaan het nie!

Om dus jouself op die vlak te kan kry waar jy Inter-afhanklik op Top vlak kan presteer moet jy die hengelaars om jou so gou moontlik op ‘n Onafhanklike vlak kry sodat jy as persoon kan groei. Dit sal dan egter beteken dat jy jou kennis en ervaring moet kan deel en in die proses sal dit ook beteken dat jy as hengelaar ook minder goeie prestasies op klubvlak mag beleef maar dat die geheel sal groei waar julle as geheel op die volgende vlak (spanne - streek ligas en provinsiaal) sal presteer.

Tydens die afgelope 2 kompetisies het ek hierdie werklikheid ook beleef – tydens ons Klub se Julie kompetisie by Krugersdrif was die weer besonders moeilik om mee te begin.

b2ap3_thumbnail_W7-11.jpgb2ap3_thumbnail_W7-22.jpg

Die dag was besonders koud met ysreën en dit was nodig om die Hodgeman wader en Grey’s skoene maar weer aan te trek!

 b2ap3_thumbnail_w7-3.jpg

Die Wintermaande is oor die algemeen moeilike maande om te hengel en op die betrokke dag was my “A Game” ook nie aangeskakel nie. Ek kon darem so 2 visse aanhaak en het darem nie ‘n mombakkie aangehad nie maar kon slegs ‘n 5de op my sone behaal. En vir die eerste keer kon John Hendry Sinclair my welverdiend klop – hy probeer al so lank. Johnny het egter oor die laaste paar maande besluit om gereeld te hengel en egter al meer Promania kompetisies gehengel as wat ek hierdie jaar kon bybring. Net weereens bewys dat harde werk en goeie kompetisie jou as hengelaar kan opskerp en dat die prestasies sal kom. Jan Tolmay het egter die Sone en die dag gewen met 19 vis wat bykans 40kg geweeg het.

Wat hierdie geleentheid net bevestig het is dat jy nie net kan opdaag en presteer nie en at gereelde gesonde kompetisie en oefening jou as hengelaar opskerp en dwing om soveel harder te moet werk.

Soos reeds genoem is die Wintermaande soms taai, maar Augustus maande het ek egter oor die laaste paar jaar al as die moeilikste tyd van die jaar ervaar. Die vis is nog nie aan die byt nie en die skommeling in temperature bemoeilik ook omstandighede en die vis beweeg en wei nie noodwendig op ‘n vasgestelde afstand nie.

Tydens Augustus het ek ook besluit om een van Kroonstad hengel klub se Promania kompetisies by te woon by Bloemhoekdam.”

Dit was my eerste besoek aan die dam en kon nie terugval op enige vorige ondervinding of raad nie en was oorgelaat aan die bietjie inligting wat ek van ander hengelaars kon insamel. Op hierdie geleentheid het my “leerling” (Appie) hengelaar, Ideon Coetzee my saamgesleep om Bloemhoekdam aan te vat.

Ideon het in Januarie 2014 as ‘n beginner by die Bloemfontein hengelklub aangesluit en het werklik in net meer as ‘n jaar ‘n half besonders gegroei as hengelaar en kon selfs op die laaste Beampte kompetisie in die Suid Vrystaat streek as algehele kampioen homself op die voorgrond plaas.

Wat die hengel sessie betref was dit ook nie maklik nie en ek en my “Leerling” eindig op die moeilikste deel van die dam op. Dit vat dinkwerk en die afstande word behoorlik getoets!

Van 50m tot 180m word raak gegooi om te kyk waar die vis hulself bevind….

b2ap3_thumbnail_W7-44.jpgb2ap3_thumbnail_W7-55.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ideon vang die eerste vis en ek kry eers teen 11h00 my eerste vis eers teen 03h15 my tweede Muddy. My Leerling vang egter 2 karpe vir die dag en ‘n muddy wat nie weeg nie maar klop in die proses die Meester vir die eerste keer ooit!!

b2ap3_thumbnail_W7-66.jpgb2ap3_thumbnail_W7-77.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die belangrikste vir my is egter om te besef dat elke hengelaar sy swak sal dae sal beleef maar dat dit belangriker is om weer te kan opstaan en om nooit groter as die sport te wil word nie. Bly nederig en ons kan almal leer van mekaar. Dit maak nie saak wie jy is nie – jy moet jouself altyd omring met mense wat jou tot op topvlak kan help, maak nie saak of dit Pro Mania , Provinsiaal of Nasionaal is nie!

Sterkte tot volgende keer......

Rate this blog entry:
30 Augustus 2015-JR Pro Mania Leeuplaas
5 September 2015-Anglers Connection Chelmsforddam