Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Waterpas - Hengel vir die regte redes! Behou die balans met die “bubble” in die middel….

 Waterpas - Hengel vir die regte redes!

Behou die balans met die “bubble” in die middel….

Deur: Tom Ebersohn

b2ap3_thumbnail_Tom_20150603-063835_1.jpg 

Ons raak soms so meegesleur deur ons strewe om te presteer dat ons vergeet van die fondasie wat rondom ons moet staan om prestasie te verseker.

So moet daar ook ‘n duidelike balans bestaan in ons lewens met ons geld, tyd en energie wat ons bestee tussen Hengel en ons Familie lewe. Hierdie raak veral ‘n realiteit wanneer jy in ‘n verhouding of huwelik staan of wanneer kinders jou lewe betree. 

Ons moet ook kan verstaan en begrip kan toon indien jou maat of vroulief nie dieselfde passie vir hengel uitleef as wat ons doen nie. So is dit ook belangrik om te weet dat indien ons as hengelaar ondersteuning in ons wonderlike sport tuis wil verkry dat ons ook ‘n verantwoordelikheid het om ons ondersteuningsbasis op ons hande te moet dra. Dit verg dus meer van ‘n wedersydse poging om jou eie sukses en ondersteuning te kan verseker.

Toe ek nog in Gauteng Noord gehengel het was die Coetzee familie altyd hierdie wonderlike voorbeeld. Tannie Marlien was altyd so ondersteunend vir Oom Hennie en haar twee seuns Tjaart en Spyker. Maar in dieselfde asem het Oom Hennie altyd vir Tannie Marlien op die hande gedra! 

Geen langtermyn prestasie sal behaal kan word as jy nie gelukkig by die huis ook kan wees nie. Hengel moet dus nie vir jou ‘n ontvlugting wees nie maar dit moet vir jou en jou “naby” mense ‘ vervulling verskaf. 

Op die 4 de Julie besluit ek om by Sandveld, Bloemhof ‘n Promania kompetisie saam met Flamingo Hengelklub te gaan hengel. Mamma en die twee meisiekinders gaan saam! My nuwe Hodgeman wader en Grey’s hengel skoene van Pure Fishing (Berkley/ Mitchell) “moet” darem die een of ander tyd uitgetoets word.

b2ap3_thumbnail_Pic-1.jpg

Sandveld soos die naam uitwys is ‘n “see” sand oewer en die emmertjies en grafies word ook sommer ingepak  - papa hengel en die kinders kan lekker speel terwyl mamma ook tyd saam met ons kan spandeer….. 

b2ap3_thumbnail_Waterpas-6-5.jpgb2ap3_thumbnail_Pic-2.jpg

 

 

 

 

 

 

Wat die hengelsessie betref was dit nie so maklik nie. Hierdie somer was ons lekker bederf met die vis wat goed saamgewerk het. Die Winter het ook redelik laat hierdie jaar in die Vrystaat opgedaag en alhoewel ons ‘n paar koue dae al gehad het was die Winter tot dusvêr nog nie baie koud nie.

Met ons Junie Klub kompetisie by Kraaipoort was ons ook gelukkig om lekker sakke vis kon vang met Greg Grace se  wensak van 40 vis.

Hierdie keer was dit egter anders en vir die eerste keer in ‘n lang tyd het dit kopkrap en harde werk gekos om vis in die net te kon kry. Om alles te kroon was dit van Woensdag af volmaan en teen Saterdag was die effek steeds duidelik. Die dag self was ook redelik warm en het ook lekker opgewarm soos die dag gevorder het. – die water was egter yskoud!

Met die nuwe Hodgman op die lyf en die Grey’s aan die voete was die water egter nie vir my ‘n probleem nie - met die regte voorbereiding en gerei kan selfs die koudste winters dae aangedurf word.

b2ap3_thumbnail_Waterpas-6-1_20150713-090110_1.jpg

Aanvanklik het die dag nie sleg begin nie en kry ek drie vinnige byte waarvan 2 vis geland word binne die eerste halfuur, en ek dink vandag gaan ons ‘n sak vis vang! Die windjie begin stadig maar seker lig waai en toe is dit asof die skakelaar net doodeenvoudig afgeskakel word?

b2ap3_thumbnail_Pic-3.jpg

Vir die volgende 3 ure spook ek om ‘n byt te kry en ons moet begin werk maak om die vis op te spoor. Wat sake vererger is dat daar nie patroon op die oewer gevorm kan word nie aangesien die meeste hengelaars om my ook spook om vis te kry. Waar ek aanvanklik die eerste 2 vis binne 10 tot 15 minute op die hoek kon kry lê my stok 58 minute vir my 3de vis. Die 4de een byt weer op 15 minute en die 5de een byt op 1 uur en 10 minute?

Die 6de een byt op 35 minute en die laaste een op 1 uur en 25  minute ….

Ek wissel afstande en aas en probeer self pitte en ‘n caramel floro “backing” saam met my degie om te kyk of ons nie die vis aan die gang kan kry nie.

b2ap3_thumbnail_Waterpas-6-4.jpgb2ap3_thumbnail_Waterpas-6-11.jpg

Maar dit is nou maar hoe dit gaan op ‘n Winters dag, en kos dit soms kopkrap om ‘n paar vise aan die hoek te kry. Ons is drie manne met 7 vis op die Zone en my 7 is toe ook die ligste en ek eindig 3de op die Zone. Johan Pienaar wen die Zone en die dag welverdiend met ‘n sak van bykans 10.9kg.

Dit was egter steeds ‘n baie lekker dag en met die kinders en vroulief saam kon ons die hengeldag geniet. Ek moes egter die volgende dag saam winkels toe, maar die Waterpas se “Bubble” kon steeds in die middel bly en die balans kon gehandhaaf word!

Sterkte tot volgende keer......

Rate this blog entry:
4 Julie 2015-Visarend Vrystaat HK Koppiesdam
5 Julie 2015-JR Pro Mania Kommandonek

Related Posts