Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Waterpas-Winter hengel

Waterpas-Winter hengel

Deur: Tom Ebersohn

b2ap3_thumbnail_Tom_20150603-063835_1.jpg

Watter mens in sy gesonde verstand gaan vis in toestande wat in die ysige koue amper in die minusse in hardloop?

Gedurende Julie het ek besluit om weer my geliefde Krugersdrift die stryd aan te sê. En boeta en die meisiekinders wou niks weet van agterbly nie…

 b2ap3_thumbnail_Pic-1_20150722-125843_1.jpg

7h00 Die oggend stop ons aan die kant van ‘n ysige oewer en begin afpak. Die eerste meter van die dam is gevries met ‘n yslaag bo op – vandag is nie speletjies nie! My ou hengelvriend Fielies het ‘n kras gesegde gehad wanneer dit gewoonlik so koud raak en daardie gedagte hardloop deur mr kop en ek kan nie help om te lag en te dink: Watter mens in sy gesonde verstand gaan hengel in hierdie toestande? Maar nou ja, ons hengelaars is mos maar ‘n nasie op sy eie… 

b2ap3_thumbnail_Pic-2_20150722-125937_1.jpg

Die stokke is so teen 08h00 se koers in die water, maar dit is duidelik dat die vis nie vandag heeltemal gaan saamwerk nie. So teen 09h00 kry ek eers die eerste pluk aan die lyn en land darem ‘n vis in die 1.5 kg klas.

b2ap3_thumbnail_Pic-3_20150722-130053_1.jpg

Die eerste vis was op sowat 140m gevang. Wat baie opmerklik was, was dat die vis later in die dag baie meer aktief geraak het in die vlakker water (+ 60m). Ek het n stok op die vlakker afstande gegooi waar die vis baie aktief voorgekom het maar tot my verbasing wou hulle nie op daardie afstand die aas vat nie. My hengel maat uit die Noorde (Flip) het ook altyd genoem dat ‘n vis wat spring soos n hond wat blaf is – hy byt nie… Die redelike nuwe Mitchell 13 voet Slingshot doen die ding egter op die dieper afstande en ‘n paar karpe word elke dan of wat opgetel - niks vuurwerke nie. Wat hierdie winter ook vir my kenmerklik maak is dat die groter vis by Krugersdrift hierdie jaar nie baie groot was nie en dat kleiner vis steeds aktief was, waar daar laasjaar oor dieselfde tyd gereeld karpe oor die 4kg uitgekom het.

b2ap3_thumbnail_Pic-4_20150722-130148_1.jpg

Die temperature is warmer die jaar as laasjaer en dit sou ‘n mens tog laat dink dat die groter vis ook aktief sou wees met die relatiewe “warmer” omstandighede. Dit laat jou net weer besef dat ons nie alles van hierdie sport elke dag 100% verstaan, weet of kan verklaar nie. Wat moontlik ‘n impak kan hê op hierdie tipe van gebeure is iets soos die watervlak van die dam wat hierdie jaar nie so laag soos laas jaar was nie, wat dalk moontlik die afwyking kan verklaar.

Persoonlik vind ek dat winter die tyd is wanneer jy jouself moet slyp en skerp moet kry vir die somer maande – veral as jy kompeterend deelneem. Teen die tyd dat die somer aanbreek dan is jy nie geroes nie en vind jy jou “ritme” soveel makliker. Dit is amper soos ‘n rugbyspeler wat tyd in die af seisoen in die gymnasium deurbring. As ek weer dink aan watter tipe mense hierdie koue trotseer - dan laat dink dit my aan die grappie waar die hengelaar ‘n sielkundige gaan sien en die sielkundige vra die ou: “does anyone in your family suffer from any mental disorders?” hy antwoord: “no they seem to enjoy it……”

Sterkte tot volgende keer......

Rate this blog entry:
Wind, water en warm bakkies
18 Julie 2015-Purple Carp Pro Mania Kalkfontein

Related Posts