Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Winterhengel Krugersdriftdam

 Winterhengel.

Deur: John-Henry Sinclair

 b2ap3_thumbnail_JH.jpg

Die winter is hier. Tog het en ek en my hengelvriend, die voormalige Junior Protea, Ysbrand Visser, besluit ons gaan bietjie ‘n lyntjie natmaak. Hoe sou die vis reageer met die verandering van die weersomstandighede? Ons het gaan uitvind...

Gereeld hoor ons van hoe baie karpe uitkom by Krugersdriftdam, die tyd van die jaar, en daarom het ons besluit om self te gaan kyk. Ons was bevoorreg om nou al ‘n geruime tyd met die nuwe Mitchell Slingshots te kan hengel, en keer op keer verbaas die stoke my net weer. Boonop was die geluk aan ons kant, want ons het toestemming gekry by Bloemfontein Hengelklub om die sessie op hulle oewer te kon geniet, aangesien hulle nou al vir ‘n hele rukkie die oewer huur by Waterwese... 

Korrekte afstand 

Die gedeelte waar ons stelling ingeneem het, was redelik sinvol wat waterdiepte aanbetref (aangesien Protea hengelaar Ulrich Sirgel my geleer het dit riskant kan wees om in diep water in die winter te sit), maar dit was steeds belangrik om die regte afstand te bepaal waar die meeste karpe sou uitkom. Ek het besluit om die een stok eers mee voor rond te krap vir die rondloop karpies met my Mitchell Slingshot 10ft 2,5lbs met die Mitchell FS 4000 Avocast daarop. Die ander stok wat ek gebruik het was die Mitchell Slingshot 12ft 3lbs met die Mitchell FS 6000 Avocast daarop. Ek het geweet Ysie (Ysbrand) is ywerig om die nuwe Mitchell 13ft Slingshot 3,7lbs te toets, so hy het die dieper roete gevolg, met die hoop dat die groter karpe dalk dieper skuil. So het ek ook besef dat ek later die langer stokke kon inspan, indien dit nodig sou wees. Dit is baie belangrik om op verskillende afstande te begin hengel, al hengel jy met dieselfde stokke. Ek het soos oudergewoonte my kort stokkie op 90m en die 12ft op 120m begin hengel. Dit is uiteraard goeie afstande vir die stukkie water in die winter, maar dit was sommer vroeg duidelik dat die 120m afstand meer suksesvol as die 90m afstand was.

 b2ap3_thumbnail_Pic-1_20150729-080455_1.jpgb2ap3_thumbnail_Pic-2_20150729-080558_1.jpg

Ek kon daarin slaag om enkele karpies op 90m te vang, maar die aas het soms tot 40minute gelê sonder enige aanduiding van ‘n byt. Ysbrand kon wel reg deur die dag karpe op sy diep stok uitkry, maar die karpe was nie enigsins groter nie, en omdat hy tussen 150m en 160m gehengel het, het ek my vis vinniger uitgekry, en ook het somtyds van sy visse afgekom te danke aan die watergras. Onthou om nie te lank te draai in kompetisie omstandighede om jou minder suksesvolle stok se afstand aan te pas na die beter afstand nie, maar wees ook versigtig om dit nie te gou te doen nie. Ysbrand het toe besluit om sy een stok na ‘n 12ft Mitchell Slingshot 3,5lbs te verander en te hengel op 125m, met die hoop dat hy dalk saam my die “goue lyn” sou ontdek waar die karpe wei. Ek was nou reeds besig om die karpies op die afstand aan te keer.

 b2ap3_thumbnail_Pic-3_20150729-080744_1.jpgb2ap3_thumbnail_Pic-4_20150729-080824_1.jpgStroppe 

John-Henry: Met die wind wat van links gewaai het, kon ek heeldag met ‘n M1½ Rietvlei-strop gehengel het. Ek het met Owner se no.1 0 Mosquito” hoekies gehengel, en het elke keer baie goeie “hook sets” gekry. Dis grotendeels te danke aan hoe uiters lig die hoekies is, en dan nog vlymskerp ook! Die skag wat ek gebruik het was Berkley se Trilene Maxx Clear 23lbs 0.35mm deursnee en ‘n 110mm 0,19mm deursnee, 7lbs Trilene Maxx Clear hoeklyn.

b2ap3_thumbnail_Pic-5.jpg

Ysbrand: Omdat Ysbrand die diepwater geteiken het vir daardie “ou grote’, was sy benadering heel anders. Op sy 12ft het hy met ‘m M1½ Rietvlei-strop gehengel het. Hy het “Owner se no.10 Mosquito” hoekies gebruik, en het ook baie goeie “hook sets” gekry. Die skag wat hy gebruik het was Berkley se Trilene Maxx Clear 23lbs 0.35mm deursnee en ‘n 110mm 0,19mm deursnee, 7lbs Trilene Maxx Clear hoeklyn. Op sy dieper stok het hy egter met ‘n Boerstrop gehengel met ‘n P5 sinker. Die hoeklyn was presies dieselfde, maar hy het egter dikker skagte gebruik omdat hy harder moes gooi. Die skag wat hy gebruik het was Berkley se Trilene Maxx Clear 31lbs 0.40mm deursnee.

Grondvoer en Hoekaas

Ons het sommer met Super Cast / Boulyn 50/50 gehengel. In omstandighede soos hierdie waar ek nie ver ek bietjie verder moet hengel, maak ek nie my voer so sag soos in die somer nie. Op die kragtige “Owner” hoekie, het ek ‘n tuisgemaakte wit soet degie gehengel op die onderste hoeke, met ‘n banjo floatie met ‘n degie bo. Die tempo sonder die floaties was steeds hoog, wat beteken ek het later die floatie afgehaal omdat ek twee visse in ‘n ry verloor het op die floatie. Dit het verseker dat ek ‘n beter hook set elke keer gekry het.

b2ap3_thumbnail_Pic-6.jpg b2ap3_thumbnail_Pic-7.jpgGeure 

Die hoofgeure wat vir ons deurgekom het was Berkley Gulp se:

·         Bunspice

·         Peach & Black Pepper

·         Coco Banana

·         Tangerine & Fish

b2ap3_thumbnail_Pic-8.jpg

Lyn 

My Mitchell FS 4000 Avocast was gelaai met 5lbs/0.16mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange daarop. Op die ander stok wat ek gebruik het met die Mitchell FS 6000 Avocast, was die katrol ook gelaai met 5lbs/0.16mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange. Ysbrand het op altwee sy 12ft en 13ft die Mitchell FS 6000 Avocast gehad, wat gelaai was met 5lbs/0.16mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange. 

http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220Resultate 

Die weer het goed gehou en terwyl ons gehengel het, het die reën wolkies dam weggebly. Ongelukkig kon nie ek of Ysbrand vandag daardie grote gevang het nie, maar tog was ons uiters tevrede met die tempo waarteen ons die karpies kon vang. Die kleiner karpies skryf ek toe aan die feit dat die vlakker water waar ons gehengel het maar bekend is om die kleiner karpies op te lewer. Ek was tog egter baie in my skik hoe die Mitchell reeks selfs die klien vissies en groter lote hanteer het! Nou dat die nuwe Mitchell reeks stokke en katrolle vrygestel is, sal ek solank my wens lysie vir Kersfeesvader gaan maak...

Rate this blog entry:
Pro Mania Kraaipoort hengel
26 Julie 2015-JR Pro Mania Leeuplaas