Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Berkley Teccarp 10ft stokke / Avocast 4000 katrolle

Produk Review- Heartsease Vaaldam


Heartsease ook bekend as “hartseer” gaan hy ons hartseer maak?

Henk van der Hyde

Borg: Berkley

Vaaldam Hartsease 

Lank terug het ek en my penmaat Martin Steyn beplan die dag na Kersfees is dit ek en hy by Heartsease, nou gewoonlik as mens Heartsease se naam noem onder meeste hengelaars sal hulle jou snaaks aankyk. Moeilike oewer plek-plek maar ons almal hou van ‘n uitdaging. Ons het gaan kyk wat die oewer op lewer op die pragtige somers dag.

Die Oewer

Ons het besluit om by die rietbos te gaan sit in die dieper water heel links, word ook geken as die “hot spot” onder hengelaars. Baie, baie mooi sand oewer, laat mens verlang Bloemhof Sandveld toe (waar 2014 Pro Mania finaal plaas gevind het). Waar ons gehengel het is dit redelik diep water en op 10m was dit reeds ver oor 1.5m diep en het van daar af vinnig dieper geword. Wees maar net versigtig as jy nie 4 x 4 het nie. Heartsease is geleë langs Leeuplaas en dis nie ver uit Oranjeville op die Villiers pad.

Plan

Ek wou bitter graag n baber of twee aan keer op die Mitchell en Berkley gerei en het ook meer gefokus op die muddy plan en groter karpe, Martin het ook muddies geteiken op die vlakker afstande. Ek het dus begin op 45m met die een stok en 80m op die ander stok met degies en heuning floats vir daai groter karpe, Martin het op 55m en

My gerei vir die dag

Ek het besluit op beide stoke Berkley Teccarp 10” stoke gelaai met die Mitchell Avocast 4000 katrolle  en 9lbs/0.21mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange lyn.

 

Resultate

Ons was geseënd met pragtige weer vir die dag baie warm met n ligte windjie deur die loop van die dag. Ons het gehengel van 6:30 tot 15:00  en kon elkeen oor die 20 vis land vir die dag- ons her meer vis verwag maar kan regtig nie kla nie. Ek kon ongelukkig nie daai groot baber kry nie maar het 2 babers van so 2kg aan gekeur, wat my verbaas het was die groter vis op 45m en die min muddies. Ek kon heeldag met gemak op die 2 afstande hengel en daai groot karpe het nie n kans gestaan nie, was vet pret en beplan al reeds die volgende trip Heartsease toe. Volgende keer gaan kyk ons hoe gaan dit by die klipkoppie by Heartsease en hopelik kan ons meer muddies kry en ek hoop ek kan na n lang gewag n vet baber optel op daai Berkley Teccarp 10” stoke met die klein en lig Mitchell Avocast 4000 katrolle, dit sal n geveg wees wat ons as hengelaars wakker hou in die aand….

 

Henk van der Hyde – 25 vis +/- 30kg

 Martin Steyn – 30 vis +/- 35kg

 b2ap3_thumbnail_Heartsease-Rietbos-3.JPGb2ap3_thumbnail_Heartsease-Rietbos-Henk-Sak.JPG 

Rate this blog entry:
31 Januarie 2015-JR Pro Mania-Hartbeespoortdam de ...
Slingshot 10ft

Related Posts