Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Berkley/Mitchell tackle

Berkley/Mitchell tackle

Jacques Deacon

Borg: Berkley

Zaaihoekdam

 Ek het besluit om op 16 Junie 2014 te gaan “social”-hengel by Zaaihoekdam, sowat 20 km vanaf Volksrust op die Wakkerstroom pad uit, op een van ons “social clubs” se hengel gronde. Dit was n tipiese wintersoggend, wit geryp en -1grade Celsius op die termometer. Ek het so 7 uur daar aangekom, en begin om al my hengelgerei op te slaan en die voer gou-gou aangemaak. Terwyl ek gewag het vir die voer om te “cure”, het ek ‘n lekker warm koppie koffie geniet, en sommer die wateroppervlak bestudeer vir enige vis aktiwiteit.

b2ap3_thumbnail_Untitled_20150401-063024_1.jpg

Omdat ek gereeld die water hengel, het ek maklik besluit op die twee afstande wat ek gaan hengel. My 10 vt. Berkley Tec Carp op 80 m, en 12 vt. op 110 m. Op albei die stoke was my gekose katrolle die Mitchell 550 Avocarp – weens die feit dat dit so ‘n gebalanseerde kombinasie is met die ligte Berkley Teccarp’s. Net na 8 uur is altwee die stokke in en die groot wag vir beweging op die polisiemanne begin. Sowat 15 min later val die 10vt stok se polisieman in die water en ek land ‘n karpie van ongeveer 500g. Met die karpie in die hounet herlaai ek en gooi weer op my 80 m merk. Ek het opgemerk dat die karpie die onderste hoekaas opgetel het , ‘n gewone SWD.

Omtrent 20 minute later trek my 10 vt. stok weer weg met nog ‘n mooi weeg karpie. Die 12 vt. stok lê nou al vir 35 minute , maar soos ek die dam ken moet hy maar ‘n rukkie lê vir die groter vis. Deur die loop van die dag het my 80 m stok se byt tempo baie mooi opgetel soos die voerkol meer raak, en so ook het die afstand vir my die meeste vis opgelewer. Die 110 m stok was aansienlik baie stadiger met die byt tempo, maar het gesorg vir groter vis, die byt tempo het gewissel tussen 35 en 45 minute. 


Die kombinasies wat goed deurgekom het was Banjo en FX; Bed & Breakfast en Looti. Die hoekase wat goed gewerk het was, SWD op die onderste hoek en ‘n geel float saam SWD backing op die boonste hoek.

Dit was regtig ‘n goeie dag vir hengel gewees en ek het glad nie verwag dat die vis so goed gaan byt met die koue in ag geneem nie. As ek die dag se hengel moet opsom, sal ek sê dat akkuraatheid definitief die verskil gemaak het, so ook jou aas aanbieding. Die karpies het vinniger die “float” opgetel as die SWD, maar die SWD het weer gesorg vir die groter weeg vis. Banjo, FX en Looti het gewerk vir die dag en wanneer die byt tempo afgeneem het, het ek net bietjie Wintergreen by gesit en my verbal in S.A poeier geskud.

Dit was ‘n suksesvolle 8 ure sessie met die Mitchell en Berkley produkte. Ek sal verseker weer die dam besoek!

b2ap3_thumbnail_2.jpgb2ap3_thumbnail_3.jpg
 
Rate this blog entry:
29 Maart 2015-Gauteng Pro Mania Vaaldam Leeuplaas
28 Maart 2015-Anglers Connection Grootdraaidam

Related Posts