Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Mitchell Slingshot Slim 10- en 13ft

Mitchell Slingshot Slim 10- en 13ft

Wikus Marx

Mitchell Slingshot Slim

b2ap3_thumbnail_Wikus.jpg

Ek wil graag vir julle terug voer gee oor die stokke en die lyn wat ek al ‘n geruime tyd van Berkley en Mitchell gebruik. Ek hengel met die Mitchell slingshot 13ft en 10ft .

Kom ons begin by die 10ft.

Wat n lifelike hengel stok is dié nou. Ek het lanklaas n 10ft vas gehou wat so gebalanseerd is en so lig voel met n katrol aan. Die stok het my regtig baie beïndruk. Mens kan kleiner vis goed voel en die stok hanteer groot vis ook baie goed. Mens kan gemaklik hengel met die stok tot op 90 meter met n M0 gewig. Mens kan selfs groter gewigte gooi met die stok indien nodig is. My grootste vis tot datum gevang met die 10ft’e is n karp van 4.8kg tydens ons Suid-Afrikaanse kampioenskappe by Bloemhof. Ongelukkig het my foon wat die fotos bevat het in die water beland. Baie van my hengel kollegas het al kom kyk na die lifelike stok en n paar van hulle het al ‘n gooi of 2 gegooi met die stok en was ook net soos ek baie beïndruk met die stok.

b2ap3_thumbnail_Avocast.jpgb2ap3_thumbnail_Slingshot.jpg

Dan bring dit my by die ouboet van die bogenoemde stok - die 13ft Mitchell Slingshot. Met die aankoms van die stokke het die 13ft vir my ‘n bietjie swaar gevoel, maar hoe meer mens met dit gehengel het hoe lekkerder het die stok vir my begin voel. Die 13ft was tot sy uiterste getoets tydens ons SA kampioenskappe by Bloemhof waar ons gehengel het in Maart 2013. Ek het op afstand van 150+ meter gehengel en het die Babers geteiken. Ek het daai afstande gekry met n 9lb lyn van Berkley Trilene Maxx. Ons het met p6 en p7 gewigte gehengel en ek kon nie glo hoe gemaklik die stok daai swaar sinkers daar doer agter gooi nie. Ek was algeheel 12de by die kampioenskappe en was sodoende uitgenooi na die nasionale proewe in Mei by Leeuplaas, Vaaldam. Ek het ook by ons laaste KZN Pro Mania te Chelmsford dam met die 13ft’e gehengel en ook op afstande van 150+ meter gehengel en goeie resultate bereik daarmee. My grootste vis to datum gevang met die 13ft is n 8.5kg baber wat sommer lag-lag uitgehaal was.

 

Dit bring my dan by die lyn. Ek het lanklaas met n lyn gehengel wat so lae “memory” het en dit is n baie sterk lyn. Dit is uitstekend. Die knope is vrek sterk en tog is dit n baie sagte lyn. Die vermoë van die lyn was tot hul uiterste getoets tydens ons SA kampioenskappe by Bloemhof waar ons gehengel het. Die dam was baie vol en die vas hakke baie maar ek moet se die Berkley Trilene Maxx lyn het hul goed van hulle taak gekwyt…. Berkley en Mitchell maak regtig ‘n puik produk!

Rate this blog entry:
9 Mei 2015-Purple Carp Pro Mania Krugersdriftdam W...
Pro Mania Fishing 1

Related Posts