Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Pro Mania Twin Series Voer

Pro Mania Twin Series Voer

Rate this blog entry:
Continue reading
872 Hits
0 Comments

3 Oktober 2015-USKO HK Koppiesdam Z A

b2ap3_thumbnail_LC-2.jpg

LC van der Westhuizen

Posisie Borg/Span Geld Soorte Vis Aantal Vis Gewig
1 Supercast R805.00 Barber & Karp 8 10.6kg
Afstand begin Afstand geëindig Hoek ase Dips op bol begin Dips op bol geëindig Voer gebruik
100m 120m SVD Kiana & Stinkvoete Stinkvoete & Perdeby Supercast kolletjie
Stroppe Gewigte Hoeke Hoeklyn Stokke Katrol
Rietvlei M0 Super hooks 9lb Super Rods Shimano
Rate this blog entry:
Continue reading
622 Hits
0 Comments

Multitech/DigiComs

Multitech/DigiComs

Rate this blog entry:
Continue reading
1567 Hits
0 Comments

Trucella

Trucella

Rate this blog entry:
Continue reading
2556 Hits
0 Comments

Berkley/Mitchell

Berkley/Mitchell

Rate this blog entry:
Continue reading
1623 Hits
0 Comments

Super Cast and Pro Mania

Super Cast and Pro Mania

Rate this blog entry:
Continue reading
2807 Hits
0 Comments

Waterpas-Winter hengel

Waterpas-Winter hengel

Deur: Tom Ebersohn

b2ap3_thumbnail_Tom_20150603-063835_1.jpg

Watter mens in sy gesonde verstand gaan vis in toestande wat in die ysige koue amper in die minusse in hardloop?

Gedurende Julie het ek besluit om weer my geliefde Krugersdrift die stryd aan te sê. En boeta en die meisiekinders wou niks weet van agterbly nie…

 b2ap3_thumbnail_Pic-1_20150722-125843_1.jpg

7h00 Die oggend stop ons aan die kant van ‘n ysige oewer en begin afpak. Die eerste meter van die dam is gevries met ‘n yslaag bo op – vandag is nie speletjies nie! My ou hengelvriend Fielies het ‘n kras gesegde gehad wanneer dit gewoonlik so koud raak en daardie gedagte hardloop deur mr kop en ek kan nie help om te lag en te dink: Watter mens in sy gesonde verstand gaan hengel in hierdie toestande? Maar nou ja, ons hengelaars is mos maar ‘n nasie op sy eie… 

b2ap3_thumbnail_Pic-2_20150722-125937_1.jpg

Die stokke is so teen 08h00 se koers in die water, maar dit is duidelik dat die vis nie vandag heeltemal gaan saamwerk nie. So teen 09h00 kry ek eers die eerste pluk aan die lyn en land darem ‘n vis in die 1.5 kg klas.

b2ap3_thumbnail_Pic-3_20150722-130053_1.jpg

Die eerste vis was op sowat 140m gevang. Wat baie opmerklik was, was dat die vis later in die dag baie meer aktief geraak het in die vlakker water (+ 60m). Ek het n stok op die vlakker afstande gegooi waar die vis baie aktief voorgekom het maar tot my verbasing wou hulle nie op daardie afstand die aas vat nie. My hengel maat uit die Noorde (Flip) het ook altyd genoem dat ‘n vis wat spring soos n hond wat blaf is – hy byt nie… Die redelike nuwe Mitchell 13 voet Slingshot doen die ding egter op die dieper afstande en ‘n paar karpe word elke dan of wat opgetel - niks vuurwerke nie. Wat hierdie winter ook vir my kenmerklik maak is dat die groter vis by Krugersdrift hierdie jaar nie baie groot was nie en dat kleiner vis steeds aktief was, waar daar laasjaar oor dieselfde tyd gereeld karpe oor die 4kg uitgekom het.

b2ap3_thumbnail_Pic-4_20150722-130148_1.jpg

Die temperature is warmer die jaar as laasjaer en dit sou ‘n mens tog laat dink dat die groter vis ook aktief sou wees met die relatiewe “warmer” omstandighede. Dit laat jou net weer besef dat ons nie alles van hierdie sport elke dag 100% verstaan, weet of kan verklaar nie. Wat moontlik ‘n impak kan hê op hierdie tipe van gebeure is iets soos die watervlak van die dam wat hierdie jaar nie so laag soos laas jaar was nie, wat dalk moontlik die afwyking kan verklaar.

Persoonlik vind ek dat winter die tyd is wanneer jy jouself moet slyp en skerp moet kry vir die somer maande – veral as jy kompeterend deelneem. Teen die tyd dat die somer aanbreek dan is jy nie geroes nie en vind jy jou “ritme” soveel makliker. Dit is amper soos ‘n rugbyspeler wat tyd in die af seisoen in die gymnasium deurbring. As ek weer dink aan watter tipe mense hierdie koue trotseer - dan laat dink dit my aan die grappie waar die hengelaar ‘n sielkundige gaan sien en die sielkundige vra die ou: “does anyone in your family suffer from any mental disorders?” hy antwoord: “no they seem to enjoy it……”

Sterkte tot volgende keer......

Rate this blog entry:
Recent comment in this post
Ulrich Sirgel
I personally find that in winter a small swd the size of a rice grain is much more effective than floaties..what do you think?
Wednesday, 22 July 2015 1:01 PM
Continue reading
1472 Hits
1 Comment

Wind, water en warm bakkies

Wind, water en warm bakkies

Deur; John-Henry Sinclair

b2ap3_thumbnail_JH.jpg

Dit is amptelik. Winter is hier! Sover het die Vrystaat nog nie regtig koue weer beleef nie, maar soos oudergewoonte hou ek die weervoorspellings dop om my self voor te berei vir wat moeder natuur na my kant toe kan gooi. Die weervoorspelling was 80% reën vir die dag, sterk winde en ‘n 7˚C val vanaf die vorige dag! Ongelukkig het dit gelei dat ‘n paar hengelaars die aand voor die tyd kop uitgetrek het om die Purple Carp Pro Mania by Kraaipoort te kom hengel. Tog het en ek en ‘n paar bitter einder hengelvriende besluit ons gaan bietjie ‘n lyntjie natmaak (en ook ons self!). Hoe sou die vis reageer met die verandering van die weersomstandighede? Ons het gaan uitvind...

Twee weke voor dié kompetisie het Gregory Grace ‘n wensak gevang van 40vis teen 36kg, en daarom was ons ten spyte van die weer optimisties. Ek was ook gelukkig om my nuwe Slingshots in die week te gekry het en nou kon ek uiteindelik hulle op die proef gaan stel het.  Oom Johan Pienaar van Kimberley is ‘n regte staatmaker as dit kom by Pro Mania’s reël en hy het sommer opgedaag met ‘n handjie vol hengelaars. 

Korrekte afstand

Die gedeelte waar ons gepen het, was redelik sinvol wat waterdiepte aanbetref en boonop was dit redelik in dieselfde area waar Greg so suksesvol was. Ek het presies by hom uitgevind wat sy wenresep vir die dag was, maar dit was steeds belangrik om die regte afstand te bepaal waar die meeste karpe sou uitkom. Tog was die weer heeltemal teenoorgestelde van wat dit daardie dag was. Dit was die heeldag swaer reën gewees, met sterk winde reg van voor af en ek het gewonder of die manne wat ‘n stok ordentlik kan buig die wensak sou vang.

Ek het besluit om die een stok op Greg se afstand van 125m te gooi. Die Slingshot wat ek gekry het is die indrukwekkende Mitchell Slingshot 12ft 3,5lbs met die Mitchell FS 6000 Avocast daarop. Die stok het die afgelope ruk ‘n bohaai gemaak onder kompterende hengelaars in Suid-Afrika en die hengelwinkels in Bloemfontein kan nie voorbly met voorraad nie. Die ander stok wat ek gebruik het was die Mitchell Slingshot 13ft 3.7lbs met die Mitchell FS 6000 Avocast daarop. Ek was ywerig om die stywer Mitchell 13ft Slingshot 3,7lbs te toets, en het daarom die dieper roete gevolg, met die hoop dat die groter karpe dalk dieper skuil. So het ek ook besef dat ek later my ander 13ft stok kon inspan, indien dit nodig sou wees. Dit is baie belangrik om op verskillende afstande te begin hengel, al hengel jy met dieselfde stokke. Ek het op my 13ft Slingshot ‘n P4 gelaai en hom 145m gegooi. Dit is uiteraard goeie afstande vir winter hengel.

b2ap3_thumbnail_Pic-1.JPGb2ap3_thumbnail_Pic-2.JPG

 

Nadat ek ingegooi het, was dit reguit in die agterkant van die bakkie in. Dis maar winterhengel vir jou. Dieepgooi, lang lê. Oral op die oewer was dit doodstil gewees vir die eerste uur, en ek het besef dit is vandag ‘n heel anderste “ball game”. Ek het besluit om die aas tot ‘n uur en 45 min te los, en my eerste twee gooie het gelê sonder enige aanduiding van ‘n byt. 

Ek kry toe na 3ure van worstel ‘n byt op my dieper stoke n skep ‘n billike karp van om en by die 2kg. Op die oewer af het nog net Johan Vermeulen drie karpe gevang (die pasaangeër vr die dag) en Louis Ferguson het ook op een karp gestaan. Ek gooi toe die stok weer op sy kolletjie en trek toe die ander stok uit en gooi hom so 10m verder – 155m. Onthou om nie te lank te draai in kompetisie omstandighede om jou minder suksesvolle stok se afstand aan te pas na die beter afstand nie. Oom Johan Pienaar langs my besluit ook toe om bietjie dieper te vang en na slegs 30 minute (vininge byt op ‘n dag soos vandag) vag hy toe sommer ‘n tweeling. Wat ‘n groot bonus op ‘n dag soos dié, waar ‘n vis so skaars is soos hoendertande.

 

b2ap3_thumbnail_Pic-3_20150722-111648_1.jpg

Stroppe

John-Henry: Met die wind wat van van voor gewaai het, het ek heeldag met ‘n P4 en P5 boerstrop gehengel het. Ek het Owner se no.8 Mosquito” hoekies gehengel, en het elke keer baie goeie “hooksets” gekry. Dis grotendeels te danke aan hoe uiters lig die hoekies is, en dan nog vlymskerp ook! Die skag wat ek gebruik het was Berkley se Trilene Maxx Clear 23lbs 0.35mm deursnee en ‘n 110mm 0,19mm deursnee, 7lbs Trilene Maxx Clear hoeklyn. 

Grondvoer en Hoekaas 

Ek hengel soos oudergewoonte met Super Cast en Boulyn gemeng – 50/50. Op die kragtige “Owner” hoekie, het ek ‘n tuisgemaakte wit soet degie mwt ‘n banjo floatie bo en onder.

Geure

Die hoofgeur wat vir my deurgekom het was Twin Series se:

·         Spyker

·         Chakalaka

·         TAC

Lyn

My Mitchell FS 6000 Avocast was gelaai was met 5lbs/0.16mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange.

http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220

http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220Resultate

Die weer was droewig gewees die heeldag en ongelukkig wou wou die sonnetjie om middag ete kop uit steek, maar ons het die boere die reën toegewens en het ons daarin verbly in die reën. Ek kon die dag egter nie die karpies aan die gang gekry het nie en was gelukkig om met twee karpe vir 4.252kg darem ‘n tweede plek vir die dag te kon behaal. Ek was tog egter baie in my skik hoe die Mitchell Slingshots die groter lote hanteer het! Nou dat die nuwe Mitchell reeks stokke en katrolle al ‘n ruk vrygestel is, kan al die hengelaars daarbuite solank hul wens lysie vir Kersfeesvader gaan maak...

 

b2ap3_thumbnail_Pic-4.jpg

Rate this blog entry:
Continue reading
2138 Hits
0 Comments

Cast Clip Johan Hoffman -Mitchell

Cast Clip Johan Hoffman -Mitchell

[[embed=videolink]{"video":"","width":"400","height":"225"}[/embed]

Rate this blog entry:
Continue reading
830 Hits
0 Comments

Conoflex kraai koning by Pro Mania kompetisies

Conoflex kraai koning by Pro Mania kompetisies

Deur: Jaco Pienaar en Marius Smith

 b2ap3_thumbnail_Jaco_20150713-104105_1.jpg

Wat ‘n heerlike winteroggend was dit nie, om so langs die oewer te kan staan en die pragtige natuur te kan beleef. Met my aankoms by Bloemhof se seesand oewers het ek vinnig opgemerk dat die meeste vis aktiwiteite op so 70 tot 80 meter is.  Met die opslaan het ek besluit om Shimano se nuwe 11ft Vengeance Fishing Rods op die proef te stel.  Die stok is seker een van die lekkerste in die 11ft reeks.  Op my Vengeance het ek ook besluit om die nuwe Shimano Aero 6000 te gebruik met Double X 7lb Hi-Abrasion (orange) as my hooflyn.

Nadat alles opgeslaan was, het ek elke katrol op sy eie afstand ingehak.  Die een stok was ingehak op 105 meter en die ander een op 70 meter.  Ek het op albei stokke bo ‘n halwe float (Tjop Tjop) met soet wit degie gesit en aan die onderste hoek, het ek ‘n heel float (Kiana) met soet wit degie gebruik.  Op die 105 meter bol het ek een van my gunsteling kombinasies gesit:  “Raptor” en “Gomtor” van Conoflex en op die 70 meter bol het ek “Raptor” en “Jinx” op gesit. 

b2ap3_thumbnail_Pic-1_20150714-124322_1.jpg

Deur die loop van die dag het die vis mooi gebyt en was heeldag aktief. Ek kon teen die einde van die dag rondom 14:47 ‘n mooi karpie in beseringstyd kry en die katrol met ‘n hewige drafstap weggetrek en het ek ‘n pragtige karp uitgetrek, tot die smarte van die ander deelnemers

b2ap3_thumbnail_Pic-2_20150714-124720_1.jpgb2ap3_thumbnail_Pic-3.JPG 

“Good things come to those who bait!!” 

Jaco Pienaar

 b2ap3_thumbnail_Marius.jpg

I fished a Pro mania at Grootdraai recently. I ended the day 1st in the block (zone) and overall 3rd for the day. I started at 115m and also ended the day at 115m. I used a sweet corn float with SWD. The dips I used was Conoflex Energy peach and Duiwelsdrek. Ended the day with my favorite combo: Conoflex Almond Supreme, Lodewyk and Sweet corn.

b2ap3_thumbnail_Pic-4.JPG

I caught 10 fish 16.45kgs from 7am to 3pm.

 

b2ap3_thumbnail_pic-5-Marius.jpg

The new Tribal Longcast really made it easy to fish at 115m and it is truly an excellent rod for casting. The new Aero Shimano bait runner and the new Tribal Rod is a winning Combo.

Marius Smith

Rate this blog entry:
Continue reading
2796 Hits
0 Comments

Social : Buffelsrivier, Dundee

Social : Buffelsrivier, Dundee

Deur: Tertius Joubert

b2ap3_thumbnail_Tertius_20150615-093333_1.jpg

In Junie het ek my toerusting  wat ek vanaf Pure fishing af bestel het ontvang en was baie beïndruk met die Slingshot slim 10ft stok met 2.50lb tip en die Avo-Cast 4000FS katrol. Volgens my is die katrol ‘n groot verbetering op die Avo Cast reeks en definitief ‘n stap in die regte rigting om een van die mees kompeterende bait runners in die mark te word. Ek het sommer dadelik viskoors gekry en moes net gaan hengel. Die stok en katrol is ‘n  “great” kombinasie; uiters goed gebalanseer. Ek was veral beïndruk met die manier wat die katrol die lyn opdraai en die lekker remstelsel. Beslis ‘n opsie vir kompeterende hengelaars!

Ek en n vriend het  die koue winters weer aangepak en gaan oornag op ‘n plaas naby Dundee op die Buffelsrivier. Omtrent  02h05 het my polisieman so liggies gewip, ek het eers gedink  dit is iets wat het in die lyn vasgevlieg het. Maar die volgende oomblik toe sing die Avo-Cast en ek besef dit is vis se kind, en met my eerste byt op die Slingshot slim 10ft stok was ek van die eerste kap af beïndruk. Die stok het die vis baie gemaklik gespeel en ek het elke kop skud duidelik gevoel. Dit te danke aan die sagte “tip”, wat ideaal is vir die speel van die vis en sommer gou-gou was die vis teen die kant. My vriend  het nog lekker snoesig by die vuur geslaap,  maar daar word nie gesluimer as die vis byt nie, want met daardie drag wat so skreeu is jy op en aan die gang en het hy  vir my die vis geskep. Sy eerste opmerking was: “ the carp swallowed a soccer ball”, want dit was n kort karp met ‘n vet maag - my P.B van 5.68kg. Ek het in die vroeë oggend ure my P.B Natalse Geelvis  van 1.62kg gevang. Hier is ‘n paar foto’s die twee visse wat  gevang is by Buffelsrivier:

b2ap3_thumbnail_Tertius-1.jpgb2ap3_thumbnail_Tertius-2.jpg

Rate this blog entry:
Continue reading
1058 Hits
0 Comments

Verwagtinge Krugersdriftdam

Verwagtinge Krugersdriftdam.

Deur: Quentin Swarts-Omega Gas

b2ap3_thumbnail_Quinten-Swarts.jpg

Dit was ‘n koue oggend by die water. Die wind het effens gewaai, maar langs die hengelwater is die wind jou vriend.  My verwagtinge ten opsigte van die wind was dat die wind so klein bietjie sterker gaan kom waai later deur die dag en dat die vissies skaarser gaan word.  Ek ook besef as die wind te veel gaan draai gaan ons so bietjie sukkel later deur die dag – met die wind in ons gesigte.

Die oggend se hengel.

Die verloop van die oggend voor die sirene was maar stil gewees.  Gewoonlik sien ‘n man minstens ‘n vissie of twee spring, maar die oggend was besonders stil.  Alreeds 2 minute na die serene af gegaan het, het Greg vas gemaak met ‘n karpie.  Daardie oomblik dink ‘n man die dag lyk belowend. Gevul met die hoop dat die karpe dieselfde by jou gaan doen. ‘n Uur na die sirene, kry ek uit eindelik ‘n byt.  As gevolg van baie haak plekke in die dam het my karpie ongelukkig afgekom. Dis toe dat ek plan maak. Ek vra myself toe die vraag of gaan ek met een hoek hengel of gaan ek my afstand skuif?  Ek gee dieselfde afstand maar kans en probeer weer.  Weer kry ek ‘n vinnige byt en kon gelukkig die vis suksesvol skep. Tog het ek weer die hakke gevoel, maar net besluit ek gaan die vis bietjie boelie deur vas hakke. So het die oggend meer belowend begin lyk.

Hengel gerei.

Weens die koue het ek glad nie oorweeg om te kort te hengel nie. Ek het my Berkley Carp Tec 13ft 3.5lb uit gehaal, gelaai met my Shimano XT6000RB’s.  Die Berkley stokke is nog aan die nuwe kant, maar is seker een van my gunsteling stokke wat ek al ooit gebruik het.  Afstand speel maar ‘n groot rol in die winter en dan is ek maar lief om met Berkley Trilene Maxx 0.16mm 5lb te hengel.  Tussen my voorslag en hooflyn gebruik ek Berkley se 0.23mm,11lb Trilene Maxx as “step”, en my voorslag is Berkley 0.35mm, 23lb Trilene Maxx.

Die oggend aas.

My aas aanbieding was ‘n banjo float met ‘n fyn Amarula deeg, gemeng met peanut butter op die boonste hoek en ‘n fyn Stuttafords degie op die onderste hoek. Op die bol het ek ‘n druppel Rooi Hippo van Go Fish gebruik en ‘n druppel Super Cast se spyker.  Ek het op ‘n liga so bietjie gepraat met Ulla en hy het iets genoem wat vir my baie sin gemaak het. Ek het toe daai raad uit gevoer en dit het gewerk vir my om op altwee stroppe dieselfde dips op te sit. As jy dan vis op ‘n kombinasie vang, hoekom nie op altwee nie?

Stroppe en sinkers. 

My strop keuse vir die dag was ‘n gly rietvlei met ‘n M0 sinker en Daiichi 0.8 hoekies, met 7lb hoeklyne.

Oggend afstand.

Die geskikte afstand wat vir my gewerk het was tussen 120 en 140m.  Die 120m stok was ingehaak en met die effense wind wat nie te veel gepla het nie, het ek die in clip gemaklik raak gegooi. Die ander stok wat op 140m is het ek redelik hard gegooi. Hy was nie ingeglip nie, maar het ‘n kokipen merk gehad. Die rede is dat die groter karpe jou nie waarsku as hy byt nie.  Hy vat jou aas met mening en as jy dan ingehaak is en jy speel ‘n vis op die ander stok kan jy moontlik die vis verloor as hy breek in die inhaak.

Sukses vir die oggend.

Vir die oggend sessie was my plan suksesvol.  Ek het ‘n plan gehad en dit uitgevoer en ek moet sê dit het vir my baie goed gewerk . Ek het die oggend begin met ‘n tempo van so 35min en hoe harder ek die kol gehengel het, hoe beter het my tempo begin raak.  Ek het die  oggend geëindig met ‘n 35min tempo.  As die tempo traag geraak het, het ek uitgetrek na 45min en die hele oefening oor gedoen met presies dieselfde dips op die bol en aas aan die hoeke.

Middag hengel.

Die middag sessie was anders.  Soos die dag warm geword het, het die tempo opgetel.  Die wind het begin draai en die manne wat Krugersdriftdam ken, veral waterwese se kant weet as die wind van agter af kom, sorg dit vir ‘n heel ander prentjie.  Soos die noodlot dit wou gehad het, het die wind van agter gekom en ek het plan gemaak om so gou moontlik te verander voor die wind ‘n te groot rol speel op my kol.

Middag aas.

Ek het die middag die float af gehaal en vervang met ‘n Karibawurm en agter die wurm was die Amarula en Peanut butter degie en onder het ek Stuttafords degie gehengel. Op die bol - voor die wind sleg begin draai het - het ek Rooi Hippo, Spyker en ‘n druppel Quatro op die bol gesit. Toe die wind gedraai het, pas ek my dip kombinasie aan na Rooi Hippo, Spyker, Quatro en Stuttafords op die bol. Ek het my afstand aangepas op die kol waar die vissies gespring het en dit was op so 70m. Ek het van ‘n 35-40min tempo af gekom na ‘n 25-20min tempo.  Ek het die lang stokke gaan bêre en my Mitchell Sling Shot S 10ft 2.5lb stokke gaan haal en al twee stokke gou uitgeloop na 70m en daar in gehaak.

Sukses vir die dag.

Vir die dag se hengel het ek die regte kombinasie op die regte tyd gebruik.  Ek het my voerkol hard en raak gehengel.  Dan ook het uit vorige ervarings geleer om die oewer dop te hou.  As ek nie die oewer dop gehou het nie sou ek kort-kort vasgesit het en baie meer vis verloor het. Aantal,  Vis 29 met gewig van 33.135kg vir die dag asook die wen posisie vir die dag.

b2ap3_thumbnail_DSC_0106.jpg

Wat kon ek verbeter het.

Op die dag se hengel kon ek vroeër my afstand verander het. Die hele dag was een groot suksesvolle dag. Soos die manne sê een slegte dag langs die hengel water is beter as eendag op kantoor. En vandag was ‘n goeie dag! Wat is daar beter?

Rate this blog entry:
Continue reading
1814 Hits
0 Comments

Fishing with good friends on youth day

Fishing with good friends on Youth Day 

Author John-Henry Sinclair

 b2ap3_thumbnail_JH.jpg

The evening before Youth Day which was on Tuesday the 16th, I went camping at Krugersdriftdam with two of my best friends. I felt it was a great chance to introduce to them some of Berkley’s newest products. We achieved a great success, especially taking in consideration for guys that doesn’t really know anything about fishing...

b2ap3_thumbnail_JH-Foto-4.jpg

The morning we arrived, we started fishing straight away and I had instant success with the boys. Stefan caught a small mirror on one of my softer rods - the short 10ft Mitchell Slingshot 2.5lb tip and to my instant delight which set everything off and really, he and Frikkie never stopped catching fish. Then, I myself after having unloaded the car etc., decided to rig up my Slingshot 13ft 3.7lbs rod for a bigger carp and loaded on my “boerstrop” with Owner No 6 hooks 3 mielie pips on each hook. After 15 minutes the drag of the reel went off like a Boeing that is starting to lift-off! 10 Minutes later a nice size carp of 3kg was bagged.

 

b2ap3_thumbnail_JH-Foto-2.jpgb2ap3_thumbnail_JH-Foto-3.jpg

The rest of the day was spent barbequing, catching a carp now and then and discussing how we can get that “big one”. We only went to bed at about 01:00 the morning, and after a tiring exam I fought at least we were going to sleep late. Needless to say, the boys were out by 6.30a.m. and were set up and fishing by 7.00. The weather was good and we all enjoyed a good days fishing. Frikkie won on day one numbers and I won on weight with a bag of 7 carps, totaling around 12kg. One good day of fishing. All the boys caught in good numbers fishing the prestige Krugersdriftdam.

On Youth Day, there were a lot more people there, but we went on, on our own and the day belonged to Stefan. A picture of them both is also very evident of the success we enjoyed with Berkleys top products. It was even more remarkable considering the weather at the time which was chilly in the morning. Frikkie also caught fish, but not in the same number as the day before. I myself had to be content with 4 or 5 quite nice carp. At the end of our trip, we sat down having a last coke and decided that it had been one of the best trips we as friends had done. Thanks to Berkley products, it was a major success… 

Rate this blog entry:
Continue reading
1093 Hits
0 Comments

Winter Sukses

Winter Sukses…

Deur: Naas Human

b2ap3_thumbnail_Naas-Human.jpg

Met die aanloop tot Saterdag se Pro Mania kompetisie by Krugersdriftdam Dam (Waterwese), was my ingesteldheid positief en voorbereiding deeglik.  Dit is natuurlik nou ietwat moeiliker om met koue vingers te kompeteer, maar die weer was gelukkig nie te onaangenaam  vir ‘n kompetisie in Junie nie.  Die wind was vroegoggend darem nie te sterk nie en het teen die middag darem gaan lê.

Ons het om 8h00 die oggend begin hengel en teen 16h00 die middag was dit tyd laat die skaal die praatwerk moes doen.  Ek het met P4 sinkers (62g) op my boerstroppe gehengel.  Ek hengel graag met boerstroppe in die winter by Krugersdriftdam omdat die hoekies hoër sit en daar baie watergras is, verseker dit die vis kom beter uit.   Albei my stokke - Tec Carp 12 “ft,” 3.5 “lb” tips- was om 8 uur in die water en ek het altwee ingehaak op 115 meter.  Met die afstand het ek my eerste byt gekry en sommer klaar vertroue gehad dat dié afstand die afstand sou wees waar ek die dag sou hengel. Ek het my lyne gemerk en dit is noodsaaklik om seker te wees van waar jy die vissies vang, want as jou lyn breek,  dan weet jy wat jou afstand was sodat jy weer daar kan ingooi. My hooflyn was 5lb Berkley Trilene Maxx Clear. Die “stretch’ in die lyn is besonders goed, maar ook baie “durable”. 

b2ap3_thumbnail_Naas-Foto-1.jpg

Ek het met growwe degies gehengel en aan die boonste hoekie van my eerste stok het ek ‘n soet wit degie gebruik; aan die onderste hoek het ek ‘n Stuttafords deeg agter ‘n mieliepit gebruik as lokaas vir die groot karpe.  Op die eerste stok het ek met my Mitchell Avocast 6000 katrol gehengel.  Hierdie spoel is lekker groot en dit veroorsaak dat daar minder wrywing is sodat die lyn lekker maklik afrol en help dat ‘n mens ‘n bietjie verder werp-afstand kry.  Teen die middag het ek op ‘n afstand van 125 meter gehengel en deur die dag was die byt tempo min of meer 45 minute uitmekaar. Tipiese winter hengel.

Die voorslag wat ek deur en deur gebruik is Berkley se Trilene Maxx 23lb. Dit gee my baie gemoedsrus en ek hengel met selfvertroue, aangesien ek baie gemaklik daarmee kan werp en soos die 5lb lyn, is dit is ook uiters rekbaar en duursaam.  Die tweede stok se katrol was ‘n 5500 Mitchell Avo, wat ‘n kleiner kantrol is en op enige lengte stok gemaklik werk.  Dit werk veral optimaal op ‘n 10 of 12 ft stok weens die feit dat die katrol uiters lig is en ‘n uiterste gebalanseerde sisteem beteken.

b2ap3_thumbnail_Naas-Foto-2.jpg

Saterdag se hengelkompetisie het my verwagtinge oortref en ek het die dag afgesluit met ‘n sak van 7 vis teen ‘n goeie gewig van 16.525kg. Die wensak vir die dag…

b2ap3_thumbnail_Naas-Foto-3.jpg

Julle kan beslis Mitchell en Berkley se skepnet oorweeg, aangesien die hoeke makliker uit hierdie net gehaal kan word.  Dit spaar noodsaaklike hengeltyd omdat jy vinniger jou stokke in die water kan gooi.  Ek is nog nooit spyt dat ek Mitchell en Berkley se produkte gebruik nie en weet dat dit ‘n groot aanwins tot my visvang loopbaan is - net soos vir verskeie ander Protea hengelaars se hengelloopbane!

Rate this blog entry:
Recent comment in this post
Ulrich Sirgel
Goeie dag tannie.Dankie vir registrasie
Tuesday, 23 June 2015 4:04 AM
Continue reading
1340 Hits
1 Comment

20 Junie 2015-Taaibos HK Leeuplaas

b2ap3_thumbnail_Jakes_20150401-031831_1.jpg

Jake Westerduin

Posisie Borg/Span Geld Soorte Vis Aantal Vis Gewig
1 WAFT R 700.00 Karp, Moddervis,Graskarp  11 5.650kg
Afstand begin Afstand geëindig Hoek ase Dips op bol begin Dips op bol geëindig Voer gebruik
105m en 115m 115m en 125m Wit float, SWD   Perdeby, FX en Devilsfork Perdeby, FX, Devilsfork en TAC Supercast Kolletjie
Stroppe Gewigte Hoeke Hoeklyn Stokke Katrol
Glyrietvlei  M0 en M1 O.8   7lbs  Raging Bull 2 13ft Shimano XTR 6000
Rate this blog entry:
Continue reading
599 Hits
0 Comments

16 Hoeveld Pro Mania-Jackie Leonard

b2ap3_thumbnail_Ronbert-Breedt.jpg

ROBERT BREEDT

Posisie Borg/Span Geld Soorte Vis Aantal Vis Gewig
2 Trucella Activator R 975.00 Karp, Moddervis en Graskarp 30 12,179kg
Afstand begin Afstand geëindig Hoek ase Dips op bol begin Dips op bol geëindig Voer gebruik
85m  85m Wit Deeg en Wit Deeg met Caramel Backing Joker, Quattro en Perdeby Joker, Quattro en Perdeby Boulyn
Stroppe Gewigte Hoeke Hoeklyn Stokke Katrol
Gly Rietvlei M0 Daiichi No: 1 7lb Wit Double XX High Abrasion Shimano Tribals 13ft Shimano 6000
Rate this blog entry:
Continue reading
856 Hits
0 Comments

Cast - Ryno Erlank Krugersdriftdam

Cast - Ryno Erlank Krugersdriftdam

Rate this blog entry:
Continue reading
1552 Hits
0 Comments

A day I will never forget

 A day I will remember forever

Author: Greg Grace

b2ap3_thumbnail_Greg-Grace.jpg

Right now I am sitting next to my Berkley X lite pod on the banks of the Vaal by my Mitchell Slingshots rods wondering if today is going to be the day I catch my second 10kg carp. Every time I read about someone catching their first 10kg carp I cannot help thinking back to that day in the autumn. It must have been about two seasons ago now but I can still remember it as if it was yesterday. It was a typical late summer`s night, damp yet still warm enough to make it uncomfortable. I could hear the rain slamming against the side of my tent, driven by the cool wind that swept across the small Loch Logan dam in front of me. My heart raced as I thought about monster carp that could be just about to pick up my bait. 

Could tonight be the one, after two whole seasons of waiting no matter what the weather, that I finally caught one of the few leviathans that haunt this small dam? It was this thought that had kept me coming back year after year. It did not matter that I had never caught a 10kg from any dam, it was just the knowledge that when I did finally land one that it was going to be huge, bigger than any carp I had ever caught before. Every so often a strong gust of wind would lift the side of my poorly moored bevy and wake me from my fitful slumber. It was always like this - I could never sleep properly when I was night fishing, I was always far too excited. Although saying that, I had begun to be a little cynical as to whether I would ever catch one of the beasts that I craved so badly.

b2ap3_thumbnail_100_0949-2.jpg

As I shifted to try to get comfortable while lying on the hard palette that jutted out into the dam, a fish crashed out in front of me. That was it! Now I was never going to be able to sleep! The swim that I was in was a favorite of mine, in the deeper water, which just screamed carp at me. My second rod was placed out into the middle of the dam, nearby a small island sticking out of the water. The fish that had jumped in front of me sounded as if was near my second bait so that was even more encouraging. 

Inside my bevy the tangled aromas of Berkley’s Gulp dips & boilies and the sickening smell of tangerine & fish found their way into everything; after a night at the dam I would come home with my clothes smelling of the latest Berkley concoction I had decided to try. After a while I had drifted into some kind of proper sleep and was awoken at around 5:30 as it began to get light by the rising sun on the water. It was a simply stunning sight: the large embankment of trees on the bank were silhouetted by the flaming, orange mass of the sun behind it. Although I could barely make out the water, I could see from the shelter of my bevy that it had stopped raining leaving the camping site around muddy. I decide that it was far too early to be awake and crawled back into the warmth of my sleeping bag. It was not long before I was awake again though this time it was for a quite different reason.

My bite alarm screamed impatiently at me as a fish moved off at pace with my bait. It took a while for me to realize what it was but the next thing I knew I was next to my rod and ready to strike. Now this was the key moment: too hard - and I could knock the fish off because my new Owner hooks are knife sharp; too gentle and I could not set the hook and I would have missed my chance. Then my instincts took over and I struck into a heavy fish. YES! It was still there! My heart raced as the fish swam towards me and then suddenly it dawned on me that this was coming in far too easily to be a big fish. Damn! 

Just as my heart slowed down, an almighty splash broke the golden, early morning silence. Hold on! This was no small carp! The fish powered out into the middle and I began to panic. How am I going to land this on my own with only my two small boys? My mind was back on task and the fish had finished its first powerful run. As I pumped it back towards me, I told my sons that this was it! I had finally hooked the beast from below. As it plugged away beneath the crystal clear, waters a strange calm entered me and I became incredibly focused on what I was doing. The fish turned left and made a dive for the depths. My heart raced as the line grated past the thick, green plants and my one son offered little support with his cry of, "Don`t let the bugger get in there! " but then to my relief I turned its head and it swam slowly and begrudgingly back towards me. 

b2ap3_thumbnail_IMG_9075-2.jpg

All I could see in my head was this big, fat, carp lying in the bottom of the net and it did not seem possible that right now I was realizing all of my dreams for the last two years, but here I was with a large fish on, with the hook apparently well set, and a big net waiting to swallow it. As the fish powered again out into the middle of the dam I began to feel under pressure, that if I lost this fish that was it my chance was gone. The fish was becoming tired now and I began slowly to pump it back in.

Then to my horror it darted to the left and was heading for the reeds! All my senses were numb with fear as I realized that I couldn't let it get in the reeds, so I really had to hold on to the rod and give it no slack. Luckily my Mitchell Slingshots had a nice bend to them, meaning the hook would not unhook very easily. The strong and definite grip of my Mitchell Avocast 6000 handle also helped me to bully the fish back in my direction. This was, and still will be, the some of the most horrifying seconds I have ever spent as this thing and me were locked in a stalemate.

Then slowly it began to give and then it felt very tired. I reeled in with relative ease until the fish was nearly beneath me and then all I had to do was lift. Was my Trilene Maxx 11lb going to be able to handle this? As the boils erupted on the surface of the water I saw a large shape emerging and then my heart stopped. Beneath me laid a new record carp. My body went limp and I cried, "You beauty" it`s a huge carp!" I could not believe that at last I was able to catch a 10kg + carp! I felt ecstatic!

The carp weighed 11.2kg. Since then I still haven`t caught a 10kg carp from any dam in the two seasons since that night, but next year I am there who knows what I will catch? Oh how I love fishing…

b2ap3_thumbnail_IMG_1309-2.jpg

Rate this blog entry:
Continue reading
3053 Hits
0 Comments

Kampioen van Kampioene toernooi Juniors

Kampioen van Kampioene toernooi 2015

Deur: Tertius Joubert

 b2ap3_thumbnail_Tertius_20150615-093333_1.jpg

Ek  het die naweek van die 1ste en 2de Mei  2015 die voorreg gehad om KZN te verteenwoordig by die Kampioen van Kampioene toernooi te Krugersdriftdam, junior afdeling. Dit was vir my n groot aanpassing om vroeg oggend temperature van minus grade te beleef, in KZN weet ons nie van die koue nie. Die toernooi het een oefendag gehad en was die vis relatief diep en was die Slingshot 13ft stok perfek vir die dag se hengel en het ek heelwat groter vis daar agter gekry daarom het ek besluit om my game plan op afstand vas te maak. Met die 13ft Slingshot stok kan mens gemaklik op afstande van 120,130 en verder hengel. Die oggend van die toernooi was almal met n besonderse pragtige son-opkoms begroet en was dit beslis vir elke hengelaar ‘n besondere betekenis, dit is deur “Onse Vader” se genade dat ons dit kon beleef.

b2ap3_thumbnail_DSC_0127.JPGb2ap3_thumbnail_croped-3.jpg

 

Die kompetisie was in vier (04) sessies van vier (04) ure elk op gedeel en oor twee dae beslis, na elke vier ure sessie is die vis geweeg en die punte uitgewerk om die plasing te bepaal en na elke sessie is die vis is terug geplaas en is met die volgende sessie van voor af gehengel ek dink die deelnemers wat daar was sal saamstem dat dit die kompetisie baie interessant en baie kompeterend gehou het.

 

Met die eerste sessie het ek skaars dertig meter links gesit van waar ek die vorige dag ge oefen het en was ek baie positief, groot was my ontnugtering toe ek my eerste paar visse aan vishake moes afstaan, soos die dag aanstap het dit duidelik geword dat in die area waar die Juniors Hengel  die vis nader gekom het , en dus moes ek  my afstand aanpas maar ek het geweet ek was agter ek het heeltemal  te lank daar binne gehengel en dit gaan my kos met die verandering in afstand het alles uitgewerk , en my kombinasies van die oefendag het ook op die korter afstand gewerk, dit het baie swaar gegaan en het ek met die eerste inweeg slegs n vierde plek gehad, tydens ete het ek besef dat ek n plan sal moet maak om my vis uit te kry anders gaan die uitslag nie baie positief wees nie.

Met elke vis in die  2de sessie het ek in die water ingegaan so ver as wat wettig is om my lyn wat oppad na die vis in die klippe voor my vasgesit het los te maak dit het gehelp sodat ek  meer vis kon uitkry in die proses het ek n waarskuwing van die beampte gekry omdat ek te diep ingeloop het, fout aan my kant, ek het nie opgelet hoe diep ek ingeloop het nie,  met inweeg na die 2 de sessie het ek n eerste plek vir die 2de sessie gehad en was ek algeheel in die tweede plek vir die dag.

Na die eerste dag se hengel was ek verplig om my lyn te vervang omrede dit vodde geskaaf was deur die klippe.

b2ap3_thumbnail_IMG_0357.JPG

 

Die tweede dag trek ek n buite pen links en was ek baie opgewonde, gou het ek besef dat die vis nog steeds vlakker was as wat ek sou verkies en met by bure wat al elkeen drie (03) vis gehad het ek besef ver hengel gaan nie werk nie ek het dadelik nader gekom en was gelukkig dadelik in die vis, en met die genade van bo kon ek inhaal, ek was bekommerd dat na ete die vis dalk gaan wegbeweeg van my kol af en het ek n paar voerbolle gegooi voor die derde sessie verby was en gehoop dit gaan werk. Ek het n eerste plek vir die derde sessie behaal en was nou algeheel eerste, groot was die druk op my en het ek besef dat ek dit nie alleen kan doen nie en dat dit harde werk gaan wees om die toernooi te wen en soos voor elke sessie het ek stil geraak en gevra vir krag, insig en leiding van “Onse Vader wat in die Hemele is”.

Die vissies was gretig aan die byt en was dit moeilik om te bepaal hoe ek teen die ander vaar, almal het vis gekry, ek het op geen stadium geweet wie voor is nie en dit was baie opwindend, gelukkig het ek nie te veel vis verloor as gevolg van “operator error” nie, op n tyd het dinge maar dol gegaan en met my Pa wie agter my sit, het dit ook nie maklik gegaan nie ek kon sien sy senuwees was klaar. 

Met die finale inweeg was dit moeilik om te bepaal hoe ek gedoen het omrede ek nie seker was van hoeveel vis ek gehad het nie, en die ander hengelaars het ook lekker sakke gehad, ek verdien n tweede plek vir die vierde sessie maar ek was tevrede want die Here weet hoeveel vis ek nodig gehad het om te wen.

Die toernooi is n puik geleentheid om jouself teen die beste in die land te toets en ek sal almal aanraai dat indien jy die geleentheid kry dat jy dit met altwee hande sal aangryp, n baie spesiale dankie aan Ulrich Sirgel wat my gehelp het met inligting vir die dam, dankie ook vir die mede hengelaars vir die goeie gees en vir die organiseerders vir die geleentheid. Geluk aan al die wenners van die ander afdelings en sterte vir volgende jaar....

b2ap3_thumbnail_croped.jpg

 

 “hard work ALWAYS pays off”

 

 

Rate this blog entry:
Continue reading
1762 Hits
0 Comments

Pro Mania Angling

Rate this blog entry:
Continue reading
1380 Hits
0 Comments