Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Slingshot 10ft

Slingshot 10ft

Slingshot/Avocarp 550

deur: Tertius Joubert

b2ap3_thumbnail_Tertius_20150525-092112_1.jpg

Ek en klubmaat ‘n plaasdam buite Vryheid KZN besoek. Die doel van die besoek aan die plaasdam was om in damme te hengel waar daar nie gereeld gehengel word nie en om ons self ‘n bietjie op te skerp vir die volgende Pro Mania.

Die dam is redelik groot vir ‘n plaasdam en is omtrent so groot soos twee rugbyvelde. Met ons aankoms was ons meer as gretig om ‘n stok in die water te kry en ‘n lyntjie nat te maak. Uit ondervinding blyk dit dat plaasdamme in die omgewing heelwat babers het, maar omrede dit winter is, was dit nie deel van ons teiken spesie vir die dag nie, en daarom het ons meer gekonsentreer op die karpe.

Die vis was verbasend aktief en het so op 50 tot 60 meter gespeel. Net daar en dan besluit ek om my Mitchell 10ft slingshot stok met die Avocarp 550 wat toegerus is met Trilene maxx 5lb lyn te gebruik. Die gerei is vir my ‘n baie goeie gebalanseerde kombinasie om akkuraat op ‘n kol te hengel en kon ek gemaklik met ‘n baie ligte gewiggie daar hengel - selfs met die wind wat later sterker begin waai het was dit nie ‘n probleem nie. Ek het besluit ek gaan my een stok op ‘n afstand van 65m inknip en met my ander stok op verskillende afstande rond te speel. Sodoende kon ek kyk vir n paar rondlopertjies, en of ek dalk groter karpe kan vang.

b2ap3_thumbnail_Tertius.jpgb2ap3_thumbnail_Untitled.jpg

 

Ek het met gly Rietvlei stroppe gehengel met ‘n m0 gewiggie, met Owner hoekies. Die was my keuse omrede die bodem redelik modderig was en ons hoef ook nie te ver gehengel het nie. Ook het ek besluit om met ‘n baie sagte plain mielie bom te hengel, wat in die koue winter water beter sal werk. Die vis was in die eerste gedeelte van ons sessie werklik stil in vergelyking met die hoeveelheid vis wat vroeër op die water was. Aas gewys het ons maar vasgekyk in die plaasdamme stigma - waar natuurlike aasies soos mielies en erdwurms gewoonlik die verkose maaltyd is.

Ek het egter gevind dat die Banjo floaties met SWD beter gewerk het as mielies en wurmpies. Die dip kombinasies wat goed gewerk het vir my, was HKGK/Banjo en F.X. en Legend/Quatro. Ek moes egter meer dip as gewoonlik gebruik het, om die vissies se aandag te trek. Ek het my eerste vis op die 65m stok gevang en dadelik geweet dat daardie afstand korrek is en dat ek daardie kol gaan werk. My rondloper stok het slegs drie karpe vir die dag opgelewer, terwyl die ander stok wat ingeknip was op 65m, sewe karpe opgelewer het. In die hengel sessie van omtrent 5 ure lank het ek 10 karpe gevang vir 15.642kg. Dit was ‘n gemiddelde vis van 1.562kg, wat glad nie sleg is vir ‘n plaasdam in die winter nie.  As ek weer die geleentheid het om daar te hengel sal ek beslis altwee stokke inknip! Ek dink dat dit ‘n lieflike tempo dam in die somer kan wees. Tot volgende keer. Team Berkley…

 

Rate this blog entry:
Continue reading
1199 Hits
0 Comments