Get Adobe Flash player

Pro Mania Classroom

Welcome to the Pro Mania Classroom section of our website.

Wind, water en warm bakkies

Wind, water en warm bakkies

Deur; John-Henry Sinclair

b2ap3_thumbnail_JH.jpg

Dit is amptelik. Winter is hier! Sover het die Vrystaat nog nie regtig koue weer beleef nie, maar soos oudergewoonte hou ek die weervoorspellings dop om my self voor te berei vir wat moeder natuur na my kant toe kan gooi. Die weervoorspelling was 80% reën vir die dag, sterk winde en ‘n 7˚C val vanaf die vorige dag! Ongelukkig het dit gelei dat ‘n paar hengelaars die aand voor die tyd kop uitgetrek het om die Purple Carp Pro Mania by Kraaipoort te kom hengel. Tog het en ek en ‘n paar bitter einder hengelvriende besluit ons gaan bietjie ‘n lyntjie natmaak (en ook ons self!). Hoe sou die vis reageer met die verandering van die weersomstandighede? Ons het gaan uitvind...

Twee weke voor dié kompetisie het Gregory Grace ‘n wensak gevang van 40vis teen 36kg, en daarom was ons ten spyte van die weer optimisties. Ek was ook gelukkig om my nuwe Slingshots in die week te gekry het en nou kon ek uiteindelik hulle op die proef gaan stel het.  Oom Johan Pienaar van Kimberley is ‘n regte staatmaker as dit kom by Pro Mania’s reël en hy het sommer opgedaag met ‘n handjie vol hengelaars. 

Korrekte afstand

Die gedeelte waar ons gepen het, was redelik sinvol wat waterdiepte aanbetref en boonop was dit redelik in dieselfde area waar Greg so suksesvol was. Ek het presies by hom uitgevind wat sy wenresep vir die dag was, maar dit was steeds belangrik om die regte afstand te bepaal waar die meeste karpe sou uitkom. Tog was die weer heeltemal teenoorgestelde van wat dit daardie dag was. Dit was die heeldag swaer reën gewees, met sterk winde reg van voor af en ek het gewonder of die manne wat ‘n stok ordentlik kan buig die wensak sou vang.

Ek het besluit om die een stok op Greg se afstand van 125m te gooi. Die Slingshot wat ek gekry het is die indrukwekkende Mitchell Slingshot 12ft 3,5lbs met die Mitchell FS 6000 Avocast daarop. Die stok het die afgelope ruk ‘n bohaai gemaak onder kompterende hengelaars in Suid-Afrika en die hengelwinkels in Bloemfontein kan nie voorbly met voorraad nie. Die ander stok wat ek gebruik het was die Mitchell Slingshot 13ft 3.7lbs met die Mitchell FS 6000 Avocast daarop. Ek was ywerig om die stywer Mitchell 13ft Slingshot 3,7lbs te toets, en het daarom die dieper roete gevolg, met die hoop dat die groter karpe dalk dieper skuil. So het ek ook besef dat ek later my ander 13ft stok kon inspan, indien dit nodig sou wees. Dit is baie belangrik om op verskillende afstande te begin hengel, al hengel jy met dieselfde stokke. Ek het op my 13ft Slingshot ‘n P4 gelaai en hom 145m gegooi. Dit is uiteraard goeie afstande vir winter hengel.

b2ap3_thumbnail_Pic-1.JPGb2ap3_thumbnail_Pic-2.JPG

 

Nadat ek ingegooi het, was dit reguit in die agterkant van die bakkie in. Dis maar winterhengel vir jou. Dieepgooi, lang lê. Oral op die oewer was dit doodstil gewees vir die eerste uur, en ek het besef dit is vandag ‘n heel anderste “ball game”. Ek het besluit om die aas tot ‘n uur en 45 min te los, en my eerste twee gooie het gelê sonder enige aanduiding van ‘n byt. 

Ek kry toe na 3ure van worstel ‘n byt op my dieper stoke n skep ‘n billike karp van om en by die 2kg. Op die oewer af het nog net Johan Vermeulen drie karpe gevang (die pasaangeër vr die dag) en Louis Ferguson het ook op een karp gestaan. Ek gooi toe die stok weer op sy kolletjie en trek toe die ander stok uit en gooi hom so 10m verder – 155m. Onthou om nie te lank te draai in kompetisie omstandighede om jou minder suksesvolle stok se afstand aan te pas na die beter afstand nie. Oom Johan Pienaar langs my besluit ook toe om bietjie dieper te vang en na slegs 30 minute (vininge byt op ‘n dag soos vandag) vag hy toe sommer ‘n tweeling. Wat ‘n groot bonus op ‘n dag soos dié, waar ‘n vis so skaars is soos hoendertande.

 

b2ap3_thumbnail_Pic-3_20150722-111648_1.jpg

Stroppe

John-Henry: Met die wind wat van van voor gewaai het, het ek heeldag met ‘n P4 en P5 boerstrop gehengel het. Ek het Owner se no.8 Mosquito” hoekies gehengel, en het elke keer baie goeie “hooksets” gekry. Dis grotendeels te danke aan hoe uiters lig die hoekies is, en dan nog vlymskerp ook! Die skag wat ek gebruik het was Berkley se Trilene Maxx Clear 23lbs 0.35mm deursnee en ‘n 110mm 0,19mm deursnee, 7lbs Trilene Maxx Clear hoeklyn. 

Grondvoer en Hoekaas 

Ek hengel soos oudergewoonte met Super Cast en Boulyn gemeng – 50/50. Op die kragtige “Owner” hoekie, het ek ‘n tuisgemaakte wit soet degie mwt ‘n banjo floatie bo en onder.

Geure

Die hoofgeur wat vir my deurgekom het was Twin Series se:

·         Spyker

·         Chakalaka

·         TAC

Lyn

My Mitchell FS 6000 Avocast was gelaai was met 5lbs/0.16mm deursnee Trilene Maxx Hi-Vis Orange.

http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220

http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220http://media3.picsearch.com/is?OavWkSncrro9bzmZSjBtMAmV4e1GjBaPMlEvPi2NUNg&height=220Resultate

Die weer was droewig gewees die heeldag en ongelukkig wou wou die sonnetjie om middag ete kop uit steek, maar ons het die boere die reën toegewens en het ons daarin verbly in die reën. Ek kon die dag egter nie die karpies aan die gang gekry het nie en was gelukkig om met twee karpe vir 4.252kg darem ‘n tweede plek vir die dag te kon behaal. Ek was tog egter baie in my skik hoe die Mitchell Slingshots die groter lote hanteer het! Nou dat die nuwe Mitchell reeks stokke en katrolle al ‘n ruk vrygestel is, kan al die hengelaars daarbuite solank hul wens lysie vir Kersfeesvader gaan maak...

 

b2ap3_thumbnail_Pic-4.jpg

Rate this blog entry:
Continue reading
2138 Hits
0 Comments

Social : Buffelsrivier, Dundee

Social : Buffelsrivier, Dundee

Deur: Tertius Joubert

b2ap3_thumbnail_Tertius_20150615-093333_1.jpg

In Junie het ek my toerusting  wat ek vanaf Pure fishing af bestel het ontvang en was baie beïndruk met die Slingshot slim 10ft stok met 2.50lb tip en die Avo-Cast 4000FS katrol. Volgens my is die katrol ‘n groot verbetering op die Avo Cast reeks en definitief ‘n stap in die regte rigting om een van die mees kompeterende bait runners in die mark te word. Ek het sommer dadelik viskoors gekry en moes net gaan hengel. Die stok en katrol is ‘n  “great” kombinasie; uiters goed gebalanseer. Ek was veral beïndruk met die manier wat die katrol die lyn opdraai en die lekker remstelsel. Beslis ‘n opsie vir kompeterende hengelaars!

Ek en n vriend het  die koue winters weer aangepak en gaan oornag op ‘n plaas naby Dundee op die Buffelsrivier. Omtrent  02h05 het my polisieman so liggies gewip, ek het eers gedink  dit is iets wat het in die lyn vasgevlieg het. Maar die volgende oomblik toe sing die Avo-Cast en ek besef dit is vis se kind, en met my eerste byt op die Slingshot slim 10ft stok was ek van die eerste kap af beïndruk. Die stok het die vis baie gemaklik gespeel en ek het elke kop skud duidelik gevoel. Dit te danke aan die sagte “tip”, wat ideaal is vir die speel van die vis en sommer gou-gou was die vis teen die kant. My vriend  het nog lekker snoesig by die vuur geslaap,  maar daar word nie gesluimer as die vis byt nie, want met daardie drag wat so skreeu is jy op en aan die gang en het hy  vir my die vis geskep. Sy eerste opmerking was: “ the carp swallowed a soccer ball”, want dit was n kort karp met ‘n vet maag - my P.B van 5.68kg. Ek het in die vroeë oggend ure my P.B Natalse Geelvis  van 1.62kg gevang. Hier is ‘n paar foto’s die twee visse wat  gevang is by Buffelsrivier:

b2ap3_thumbnail_Tertius-1.jpgb2ap3_thumbnail_Tertius-2.jpg

Rate this blog entry:
Continue reading
1058 Hits
0 Comments

13 Junie 2015-Bloemfontein HK Kraaipoort

b2ap3_thumbnail_Tom_20150729-171908_1.jpg

Tom Ebersohn

Posisie Borg/Span Geld Soorte Vis Aantal Vis Gewig
2 Berkley R 300.00 Karp 20 10.3kg
Afstand begin Afstand geëindig Hoek ase Dips op bol begin Dips op bol geëindig Voer gebruik
170m 120m Float en amanadel degie Gras & Banjo, FX & Yellow activator Oscar & Perdeby Boulyn
Stroppe Gewigte Hoeke Hoeklyn Stokke Katrol
 Boerstrop en Rietvlei P5 & M1.5 nr 2 Diachi 7lb Mitchell Slingshot S 13" Mitchell Avocast
Rate this blog entry:
Continue reading
708 Hits
0 Comments

13 Junie 2015-Bloemfontein HK Kraaipoort

b2ap3_thumbnail_Greg.jpg

Greg Grace

Posisie Borg/Span Geld Soorte Vis Aantal Vis Gewig
1 Berkley  R 500.00 Karpe 40 33.445kg
Afstand begin Afstand geëindig Hoek ase Dips op bol begin Dips op bol geëindig Voer gebruik
116 / 130 120 skoon wit deeg - dipped in pepperment  Perdeby / Gras Perdeby / Gras Super cast / Boulyn
Stroppe Gewigte Hoeke Hoeklyn Stokke Katrol
Rietvlei Super link 1.5 no 2 Berkley 5lb 12ft Mitchell Slingshot S Mitchell Avocast 6000
Rate this blog entry:
Continue reading
735 Hits
0 Comments

Kampioen van Kampioene toernooi Juniors

Kampioen van Kampioene toernooi 2015

Deur: Tertius Joubert

 b2ap3_thumbnail_Tertius_20150615-093333_1.jpg

Ek  het die naweek van die 1ste en 2de Mei  2015 die voorreg gehad om KZN te verteenwoordig by die Kampioen van Kampioene toernooi te Krugersdriftdam, junior afdeling. Dit was vir my n groot aanpassing om vroeg oggend temperature van minus grade te beleef, in KZN weet ons nie van die koue nie. Die toernooi het een oefendag gehad en was die vis relatief diep en was die Slingshot 13ft stok perfek vir die dag se hengel en het ek heelwat groter vis daar agter gekry daarom het ek besluit om my game plan op afstand vas te maak. Met die 13ft Slingshot stok kan mens gemaklik op afstande van 120,130 en verder hengel. Die oggend van die toernooi was almal met n besonderse pragtige son-opkoms begroet en was dit beslis vir elke hengelaar ‘n besondere betekenis, dit is deur “Onse Vader” se genade dat ons dit kon beleef.

b2ap3_thumbnail_DSC_0127.JPGb2ap3_thumbnail_croped-3.jpg

 

Die kompetisie was in vier (04) sessies van vier (04) ure elk op gedeel en oor twee dae beslis, na elke vier ure sessie is die vis geweeg en die punte uitgewerk om die plasing te bepaal en na elke sessie is die vis is terug geplaas en is met die volgende sessie van voor af gehengel ek dink die deelnemers wat daar was sal saamstem dat dit die kompetisie baie interessant en baie kompeterend gehou het.

 

Met die eerste sessie het ek skaars dertig meter links gesit van waar ek die vorige dag ge oefen het en was ek baie positief, groot was my ontnugtering toe ek my eerste paar visse aan vishake moes afstaan, soos die dag aanstap het dit duidelik geword dat in die area waar die Juniors Hengel  die vis nader gekom het , en dus moes ek  my afstand aanpas maar ek het geweet ek was agter ek het heeltemal  te lank daar binne gehengel en dit gaan my kos met die verandering in afstand het alles uitgewerk , en my kombinasies van die oefendag het ook op die korter afstand gewerk, dit het baie swaar gegaan en het ek met die eerste inweeg slegs n vierde plek gehad, tydens ete het ek besef dat ek n plan sal moet maak om my vis uit te kry anders gaan die uitslag nie baie positief wees nie.

Met elke vis in die  2de sessie het ek in die water ingegaan so ver as wat wettig is om my lyn wat oppad na die vis in die klippe voor my vasgesit het los te maak dit het gehelp sodat ek  meer vis kon uitkry in die proses het ek n waarskuwing van die beampte gekry omdat ek te diep ingeloop het, fout aan my kant, ek het nie opgelet hoe diep ek ingeloop het nie,  met inweeg na die 2 de sessie het ek n eerste plek vir die 2de sessie gehad en was ek algeheel in die tweede plek vir die dag.

Na die eerste dag se hengel was ek verplig om my lyn te vervang omrede dit vodde geskaaf was deur die klippe.

b2ap3_thumbnail_IMG_0357.JPG

 

Die tweede dag trek ek n buite pen links en was ek baie opgewonde, gou het ek besef dat die vis nog steeds vlakker was as wat ek sou verkies en met by bure wat al elkeen drie (03) vis gehad het ek besef ver hengel gaan nie werk nie ek het dadelik nader gekom en was gelukkig dadelik in die vis, en met die genade van bo kon ek inhaal, ek was bekommerd dat na ete die vis dalk gaan wegbeweeg van my kol af en het ek n paar voerbolle gegooi voor die derde sessie verby was en gehoop dit gaan werk. Ek het n eerste plek vir die derde sessie behaal en was nou algeheel eerste, groot was die druk op my en het ek besef dat ek dit nie alleen kan doen nie en dat dit harde werk gaan wees om die toernooi te wen en soos voor elke sessie het ek stil geraak en gevra vir krag, insig en leiding van “Onse Vader wat in die Hemele is”.

Die vissies was gretig aan die byt en was dit moeilik om te bepaal hoe ek teen die ander vaar, almal het vis gekry, ek het op geen stadium geweet wie voor is nie en dit was baie opwindend, gelukkig het ek nie te veel vis verloor as gevolg van “operator error” nie, op n tyd het dinge maar dol gegaan en met my Pa wie agter my sit, het dit ook nie maklik gegaan nie ek kon sien sy senuwees was klaar. 

Met die finale inweeg was dit moeilik om te bepaal hoe ek gedoen het omrede ek nie seker was van hoeveel vis ek gehad het nie, en die ander hengelaars het ook lekker sakke gehad, ek verdien n tweede plek vir die vierde sessie maar ek was tevrede want die Here weet hoeveel vis ek nodig gehad het om te wen.

Die toernooi is n puik geleentheid om jouself teen die beste in die land te toets en ek sal almal aanraai dat indien jy die geleentheid kry dat jy dit met altwee hande sal aangryp, n baie spesiale dankie aan Ulrich Sirgel wat my gehelp het met inligting vir die dam, dankie ook vir die mede hengelaars vir die goeie gees en vir die organiseerders vir die geleentheid. Geluk aan al die wenners van die ander afdelings en sterte vir volgende jaar....

b2ap3_thumbnail_croped.jpg

 

 “hard work ALWAYS pays off”

 

 

Rate this blog entry:
Continue reading
1762 Hits
0 Comments

Slingshot 10ft

Slingshot 10ft

Slingshot/Avocarp 550

deur: Tertius Joubert

b2ap3_thumbnail_Tertius_20150525-092112_1.jpg

Ek en klubmaat ‘n plaasdam buite Vryheid KZN besoek. Die doel van die besoek aan die plaasdam was om in damme te hengel waar daar nie gereeld gehengel word nie en om ons self ‘n bietjie op te skerp vir die volgende Pro Mania.

Die dam is redelik groot vir ‘n plaasdam en is omtrent so groot soos twee rugbyvelde. Met ons aankoms was ons meer as gretig om ‘n stok in die water te kry en ‘n lyntjie nat te maak. Uit ondervinding blyk dit dat plaasdamme in die omgewing heelwat babers het, maar omrede dit winter is, was dit nie deel van ons teiken spesie vir die dag nie, en daarom het ons meer gekonsentreer op die karpe.

Die vis was verbasend aktief en het so op 50 tot 60 meter gespeel. Net daar en dan besluit ek om my Mitchell 10ft slingshot stok met die Avocarp 550 wat toegerus is met Trilene maxx 5lb lyn te gebruik. Die gerei is vir my ‘n baie goeie gebalanseerde kombinasie om akkuraat op ‘n kol te hengel en kon ek gemaklik met ‘n baie ligte gewiggie daar hengel - selfs met die wind wat later sterker begin waai het was dit nie ‘n probleem nie. Ek het besluit ek gaan my een stok op ‘n afstand van 65m inknip en met my ander stok op verskillende afstande rond te speel. Sodoende kon ek kyk vir n paar rondlopertjies, en of ek dalk groter karpe kan vang.

b2ap3_thumbnail_Tertius.jpgb2ap3_thumbnail_Untitled.jpg

 

Ek het met gly Rietvlei stroppe gehengel met ‘n m0 gewiggie, met Owner hoekies. Die was my keuse omrede die bodem redelik modderig was en ons hoef ook nie te ver gehengel het nie. Ook het ek besluit om met ‘n baie sagte plain mielie bom te hengel, wat in die koue winter water beter sal werk. Die vis was in die eerste gedeelte van ons sessie werklik stil in vergelyking met die hoeveelheid vis wat vroeër op die water was. Aas gewys het ons maar vasgekyk in die plaasdamme stigma - waar natuurlike aasies soos mielies en erdwurms gewoonlik die verkose maaltyd is.

Ek het egter gevind dat die Banjo floaties met SWD beter gewerk het as mielies en wurmpies. Die dip kombinasies wat goed gewerk het vir my, was HKGK/Banjo en F.X. en Legend/Quatro. Ek moes egter meer dip as gewoonlik gebruik het, om die vissies se aandag te trek. Ek het my eerste vis op die 65m stok gevang en dadelik geweet dat daardie afstand korrek is en dat ek daardie kol gaan werk. My rondloper stok het slegs drie karpe vir die dag opgelewer, terwyl die ander stok wat ingeknip was op 65m, sewe karpe opgelewer het. In die hengel sessie van omtrent 5 ure lank het ek 10 karpe gevang vir 15.642kg. Dit was ‘n gemiddelde vis van 1.562kg, wat glad nie sleg is vir ‘n plaasdam in die winter nie.  As ek weer die geleentheid het om daar te hengel sal ek beslis altwee stokke inknip! Ek dink dat dit ‘n lieflike tempo dam in die somer kan wees. Tot volgende keer. Team Berkley…

 

Rate this blog entry:
Continue reading
1199 Hits
0 Comments